On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Lilly steeds spoorloos – Meyerton-hondema weier om hoop te verloor

───   ZENANDE MPAME 15:11 Thu, 06 Nov 2025

Lilly steeds spoorloos – Meyerton-hondema weier om hoop te verloor | News Article
Meyerton-hondema in verbete soektog na verlore troeteldier. Foto verskaf

’n Hondema van Meyerton is steeds op soek na haar 18 maande oue Franse bulhond wat byna twee maande gelede spoorloos van hul huis verdwyn het.

Lilly het verdwyn terwyl sy saam met die ander honde op hulle oggendronte was – iets wat deel van haar daaglikse roetine was. Teen 07:15 het Ness se Schnauzer, Pepper, alleen teruggekeer. Lilly was nêrens te sien nie.

“Aanvanklik het ek gedink sy stap dalk net langs die grensdraad,” vertel Ness. “Maar teen 07:40 het ek begin paniekerig raak. Ek het dadelik begin soek, maar sy was weg.”


Sedertdien is daar geen spoor van Lilly nie, ten spyte van talle soekpogings, duisende pamflette en die hulp van twee K9-naspeurders en drie dierekommunikeerders. “Ek het Lilly grootgemaak sedert sy vyf weke oud was. Sy was nog altyd by my – sy het elke aand langs my geslaap en was nooit ver van my af nie,” sê Ness.

“Wat my aan die gang hou, is die wete dat Lilly my net so baie mis soos ek vir haar. Dit voel amper soos om ’n kind te verloor; jy weet net nie waar sy is nie. Ek is emosioneel uitgeput – dit het my siek en depressief gemaak. Daar’s ’n leemte in my lewe wat niks kan vul nie.”

Ashley smeek steeds vir hulp van die publiek. “As iemand haar het, asseblief – sy hoort by my. Ek is haar mamma; sy is my kind. Ek vra net dat sy terugkom huis toe.”

Ashley is steeds op soek na haar 18 maande oue Franse bulhond. Foto verskaf

Ness het onlangs haar soektog uitgebrei met nuwe satellietopsporingstegnologie om vas te stel wat daardie oggend gebeur het en moontlik Lilly se ligging te bepaal. ’n Skarefinansieringsveldtog is intussen van stapel gestuur om die koste van hierdie tegnologie te help dek.

Volgens haar het Lilly ’n mikroskyfie, en enige veearts of dierekliniek wat haar ontvang, sal outomaties met Ness in verbinding gebring word. Sy vra dat enigiemand wat haar sien of vermoed waar sy mag wees, onmiddellik die plaaslike dierekliniek of polisie kontak.

“Ek gaan nie ophou soek nie,” sê sy. “Sy is my familie.”

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuuslyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Zenande Mpame mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.