On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Oorlewende van Noordwes-skietery gemonitor ná terugslag

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:57 Wed, 19 Nov 2025

Oorlewende van Noordwes-skietery gemonitor ná terugslag | News Article
Die gemeenskap en werknemers bring hule aan Johnathan Fourie. Foto verskaf

’n Man van Noordwes wat die noodlottige skietery oorleef het waarin sy broer gesterf het, bly onder verdowing terwyl dokters nuwe komplikasies monitor.

Deon Fourie ontvang steeds een keer per dag dialise vir periodes van ses uur. Hy word ook gemonitor nadat hy oornag ’n komplikasie ontwikkel het.

Fourie, mededirekteur van Chubby Chick in Potchefstroom, is meermale raak geskiet ná ’n vergadering oor ’n eiendomstransaksie op 10 November. Die beskuldigde, Robert Joubert (73), het na bewering die perseel ná die besprekings verlaat, maar ongeveer ’n halfuur later teruggekeer.

Deon Fourie. Foto verskaf

Fourie is in die raadsaal geskiet, maar kon hulp ontbied, het die firma in ’n verklaring gesê. Sy broer, Johnathan, het nader gehardloop om te help, maar is ook geskiet. Hy het op die toneel gesterf. 

Sekuriteitswagte het kort daarna opgedaag, wat tot ’n skietery gelei het waarin Joubert gewond is. Hy word onder polisiebewaking in die Potchefstroomse provinsiale hospitaal behandel, sê kol. Adéle Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder.

Joubert, wat van moord en poging tot moord aangekla is, se saak duur voort in die Potchefstroomse landdroshof in sy afwesigheid. Weens die erns van sy beserings is dit onwaarskynlik dat hy Woensdag by die verrigtinge sal verskyn, sê Myburgh.

Deon Fourie en Johnathan Fourie saam met hul pa, John. Foto verskaf

Volgens Basil Kletz, familievriend van die Fouries, het Deon ’n rustelose nag gehad en tans koors. “Ons wag vir die dokter om meer duidelikheid te kry. 

“Ons hoop dat die koors vandag sal breek.”

Kletz het Maandag gesê Deon se infeksievlakke het na normaal teruggekeer en dokters het voorberei om die dreineringspyp uit sy long te verwyder. Sy gestabiliseerde bloeddruk het ook ’n toename in dialise-frekwensie moontlik gemaak – vordering wat hoop bring vir familielede en kollegas.

Die beskuldigde, Robert Joubert. Foto X

Fourie is kort ná die aanval na ’n Gautengse hospitaal gevlieg vir noodoperasie en het Donderdag ’n tweede prosedure ondergaan. “Die operasie was suksesvol,” het John-Henré Engels, waarnemende bestuurder van Chubby Chick, gesê.

Chubby Chick het beklemtoon dat Joubert geen formele verbintenis met die maatskappy het nie.

Bedrywighede gaan voort soos en berading is beskikbaar gestel aan personeellede.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuuslyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.