On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Chubby Chick-skietery: Gestorwe direkteur se lewe dan gevier

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:18 Tue, 25 Nov 2025

Chubby Chick-skietery: Gestorwe direkteur se lewe dan gevier | News Article
Johnathan Fourie en sy vrou, Nadine. Foto: Facebook

’n Lewensviering word op 8 Desember gehou vir die sakeman van Potchefstroom, wat noodlottig gewond is in ’n skietery waarin sy broer ernstig beseer is.

Deon Fourie, mededirekteur van Chubby Chick in Potchefstroom, is op 10 November meermale geskiet ná ’n vergadering oor ’n eiendomstransaksie. Ten spyte van sy beserings kon hy hulp ontbied.

Johnathan, sy broer en ook ’n direkteur van Chubby Chick, het onmiddellik op die noodroep gereageer en is ook meermale geskiet toe hy die raadsaal binnegaan. Hy op die toneel dood.

Robert Joubert (73)  sal moontlik op 11 Desember in die hof verskyn. Foto: Facebook

Volgens ’n verklaring deur die maatskappy het die beskuldigde, Robert Joubert (73), na bewering die perseel ná die vergadering verlaat, maar ongeveer ’n halfuur later teruggekeer voordat hy op die broers losgebrand het.

Veiligheidswagte het oomblikke later opgedaag, en ’n skietgeveg het uitgebreek waarin Joubert gewond is. Hy word tans onder polisiebewaking in die Potchefstroomse provinsiale hospitaal behandel, het kol. Adéle Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder, vroeër bevestig.

“Joubert sal na verwagting eers op 11 Desember in die hof verskyn. Die verrigtinge het Woensdag (19/11) in sy afwesigheid in die Potchefstroomse distrikshof voortgegaan, terwyl hy in die hospitaal is nadat hy skietwonde aan albei arms opgedoen het.”

Basil Kletz, ’n familievriend van die Fouries, sê Deon is stabiel, maar steeds baie slaperig. “Sy pupille en ander lewensbelangrike funksies toon byna normale reaksies. Dokters het wel aan die familie gesê Deon se herstel sal ’n lang en moeilike proses wees.”

Chubby Chick: Mededirekteur toon effense verbetering ná skietery | News Article

Die Fourie-broers en hul pa, John. Foto verskaf

Daar is ook gevra dat die familie se privaatheid gerespekteer word.

’n Lewensviering vir Johnathan word op 8 Desember om 11:00 aangebied.

Die Fourie-familie besit al jare lank die hoendermaatskappy. Die broers het die onderneming oorgeneem ná hul pa, John, se afsterwe.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cvs


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.