On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Geweldenaars teen vroue in Noord-Kaap lank tronk toe

───   11:58 Fri, 28 Nov 2025

Geweldenaars teen vroue in Noord-Kaap lank tronk toe | News Article
Foto ter illustrasie

’n 24-jarige man van Hopetown moet tien jaar tronkstraf uitdien nadat hy sy meisie en haar ma wreed aangerand en hul huis aan die brand gesteek het.

En in ’n afsonderlike saak is ’n man van Kimberley ook tien jaar tronk toe gestuur nadat hy sy vrou met die vuis geslaan en gewurg het. Lukas Klein is in die Hopetown-streekhof effektief tien jaar tronk gestuur nadat hy skuldig bevind is aan twee aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer en een van brandstigting.

Die saak spruit uit ‘n voorval op 8 Maart vanjaar toe hy Lena Louw (47) en dié se dogter, sy vriendin, in hul huis aangerand het. Louw het probeer om haar te verdedig deur kookwater oor hom te gooi.

Sers. Recardo Kock van die Hopetown-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe is geloof vir sy span se puik ondersoekwerk. Foto verskaf

Klein het egter voortgegaan om haar met ’n piksteel te slaan totdat sy haar bewussyn verloor het, luidens ’n verklaring van die polisie in die Noord-Kaap. Louw het later in die hospitaal bygekom, waar sy moes hoor Klein het ook haar huis aan die brand gesteek. 

Al haar besittings is in die brand verwoes. Aanklagte van aanranding om ernstig te beseer en brandstigting is by die Hopetown-polisiekantoor aanhangig gemaak, en Klein is dieselfde dag in hegtenis geneem. Hy was in aanhouding totdat die saak afgehandel is.

Die hof het hom vir brandstigting tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis. Hy is weens aanranding om ernstig te beseer tot nog sewe jaar gevonnis, vier weens die aanranding op Louw en drie jaar vir dié haar dogter. Klein sal die volle tien jaar uitdien en is onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.


Sers. Recardo Kock van die Hopetown-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe is geloof vir sy span se puik ondersoekwerk deur distrikskommissaris van Pixley ka Seme genl.maj. Nomana Mtukushe en die polisie se provinsiale bestuur.

In ’n aparte saak is Collin Mahooa (39) in die Kimberley-streekhof ook tot tien jaar direkte gevangenisstraf gevonnis omdat hy sy vrou wreed aangerand het. Die voorval het op 20 Januarie vanjaar in Roodepan buite Kimberley plaasgevind toe Mahooa sy vrou met die vuis geslaan en gewurg het. 

Sy het die voorval onmiddellik by die polisie aangemeld. Hy is spoedig in hegtenis geneem. Selfs al het hy skuld beken, het die hof steeds ’n swaar vonnis opgelê, sê die NVG in ’n mediaverklaring.


Hierdie twee veroordelings kom midde-in die tydperk van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vrou en kinders, wat nog tot 10 Desember duur.

Die Noord-Kaapse polisie benadruk geslagsgeweld en vrouemoord sal nie geduld word in die samelewing nie. Mense wat geweld pleeg teen vroue en kinders sal met die volle mag van die gereg te doen kry.

Op sy beurt sê adv. Keageletse Ilanga, hoofaanklaer vir die Kimberley-groepering, die NVG sal daarmee volhou om geregtigheid meedoënloos na te streef om slagoffers te beskerm en oortreders op gepaste wyse te straf.

Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.