On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Olebogeng
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

DA eis ingryping oor Mangaung se vuil water

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:37 Sat, 20 Dec 2025

DA eis ingryping oor Mangaung  se vuil water | News Article
Foto ter illustrasie. Foto: iStock

Die DA doen ’n beroep op die Mangaung-munisipaliteit om dringend in te gryp en inwoners wat steeds vuil en verkleurde water gedurende die feestyd moer verduur, se waardigheid te herstel.

Die DA in Mangaung sê wydverspreide berigte van inwoners regoor die metro oor die verslegtende gehalte van hul drinkwater, wek kommer oor die veiligheid en betroubaarheid van die stad se watervoorraad.

"Ondanks die munisipaliteit se bewerings dat die water veilig is vir menslike gebruik, word baie inwoners steeds gekonfronteer met bruin, stinkende water wat niemand van verwag moet word om te drink nie," sê DA-raadslid Dirk Kotze.

'Inwoners verdien eerlikheid, aanspreeklikheid, optrede'

“Die situasie vereis onmiddellike deursigtigheid en optrede. Ons doen ’n beroep op die munisipaliteit om nuwe toetsresultate van watergehalte, insluitend die troebelheidsvlakke en plekke waar monsters geneem is, bekend te maak.
"Ons vra ook duidelike kommunikasie oor wanneer stelselspoeling, om die monitering gedurende spitstye te verhoog en om alternatiewe watervoorrade te verskaf waar die gehalte sigbaar onder verdenking is," sê Kotze.

"Inwoners verdien eerlikheid, aanspreeklikheid en optrede - nie gerusstellings wat weerspreek wat uit hul krane vloei nie."

Foto: health-e.org.za

Skending van die grondwetlike reg

Kotze sê die vuil water dui op dieper krake. “Dit is ’n duidelike mislukking van die regering en ’n skending van die grondwetlike reg op skoon, betroubare water. Wat ons in Mangaung sien, is nie ’n geïsoleerde voorval nie, maar die gevolg van ’n gesentraliseerde stelsel wat kaderontplooiing bo tegniese bevoegdheid stel.”

Volgens Kotze eis jare se verwaarlosing nou sy tol op belangrike infrastruktuur. “Watertoevoerstelsels versleg weens onvoldoende befondsing vir onderhoud, swak herstelwerk en ’n gebrek aan verantwoordbaarheid onder senior bestuur,” sê hy. 

“Inwoners word dikwels in die duister gelaat oor onderbrekings of herstelwerk.”

'Inwoners moet toegang tot die toetsresultate van watergehalte'

Hy versoek inwoners se toegang tot die resultate van watergehalte-toetse moet hê, asook vir die voldoening aan blou- en groendruppelstandaarde. 

Vierpuntplan om waterkrisis aan te spreek

Kotze het ’n vierpuntplan uiteengesit om die krisis aan te spreek. “Ons glo die oplossing lê in die aanstelling van toepaslik gekwalifiseerde personeel, die skep van ’n toegewyde fonds vir infrastruktuurherstelwerk, die verklaar van wateronderbrekings as noodgevalle sodat vinnig opgetree kan word, en die gebruik van kundigheid van die privaatsektor om water- en afvalwaterstelsels op te gradeer,” sê hy. “Hierdie stappe sal ’n lang pad stap om betroubare en veilige water vir ons gemeenskappe te herstel.”

'Mense moet die water kan drink waarvoor hulle betaal'

Volgens Kotze hoef inwoners nie te vrees vir die water wat uit hul krane kom nie. “Mense moet die water kan drink waarvoor hulle betaal sonder om oor hul gesondheid bekommerd te wees. “Ons sal voortgaan om die Mangaung-munisipaliteit aanspreeklik te hou totdat elke inwoner die betroubare en volhoubare watervoorsiening ontvang wat hulle verdien.”

OFM Nuus het die Mangaung Metro Munisipalitei genader om kommentaar, maar wag steeds op ’n antwoord.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427

OFM Nuus/Charne van der Merwe


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.