Central SA
Noordwes verwelkom 101 gesondheidswerkers─── 11:21 Fri, 02 Jan 2026
Die LUR vir Gesondheid in Noordwes, Sello Lehari, het op Nuwejaarsdag altesaam 101 nuutaangestelde gesondheidsorgwerkers verwelkom tydens ’n amptelike besoek aan die Job Shimankana Tabane-hospitaal in Rustenburg.
Tydens die besoek is daar ook aandag geskenk aan die hospitaal se vordering, dienslewering, infrastruktuur en ander uitdagings. Die 101 nuwe personeellede sluit in 48 mediese interns, 24 gemeenskapsdiensdokters, vier gemeenskapsdiensradiografiste, twee arbeidsterapeute, twee dieetkundiges, twee fisioterapeute, 12 verpleegassistente, drie gemeenskapsdiensverpleegkundiges, twee omgewingsgesondheidspraktisyns en twee spraak- en oudiologieterapeute.
“Ons verwelkom al die nuutaangestelde gesondheidsorgpersoneel hartlik by die Noordwes-departement van gesondheid.

Nuutaangestelde gesondheidspersoneel word in Noordwes verwelkom. Foto: North West Department of Health/Facebook
“Julle teenwoordigheid versterk ons kapasiteit om gehalte-gesondheidsorg te lewer, en ons vertrou dat julle ons gemeenskappe met toewyding, deernis en professionaliteit sal dien,” sê Lehari.
Die Job Shimankana Tabane-hospitaal is ’n provinsiale tersiêre hospitaal in die Bojanala Platinum-distrik.
• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.
OFM Nuus m
