On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

Twee van Kathu vas vir diefstal op Nuwejaarsdag

───   08:39 Sun, 04 Jan 2026

Twee van Kathu vas vir diefstal op Nuwejaarsdag | News Article
Van die gesteelde goedere in Kathu waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

’n Man (35) en vrou (32) sal binnekort in die landdroshof op Kathu verskyn nadat hulle op Nuwejaarsdag in die besit van gesteelde goedere betrap is.

Merapelo Pilane, polisiewoordvoerder, sê hulle is in hegtenis geneem danksy die vinnige reaksie van die polisie en lede van die Rhino-veiligheidsmaatskappy. Die gesteelde goedere is binne ure teruggevind. 

“Die polisie het Donderdag (1/1) inligting opgevolg oor ’n huis in Mapoteng waar beweerde gesteelde eiendom gestoor is. Die huis is deursoek en daar is beslag gelê op items van meer as R80 000, insluitend ’n televisie, luidspreker, skoene, klere, sakke en tasse.”

Die items is vermoedelik by ’n huis vroeër dieselfde dag gesteel.

Die polisie het vinnig op ’n wenk gereageer. Foto: Wikimedia

Die ondersoek duur voort, sê Pilane. Die polisie in die Noord-Kaap moedig die publiek aan om enige verdagte misdadige aktiwiteite aan te meld deur wenke anoniem op die MySAPS-app te stuur of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus dg 


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.