On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

Bekende in Bloemfontein se veiligheidsbedryf sterf

───   09:39 Sun, 04 Jan 2026

Bekende in Bloemfontein se veiligheidsbedryf sterf | News Article
Reynhardt Opperman van Bloemsec. Foto: Facebook

Die Bloemsec-veiligheidsmaatskappy het Saterdag (3/1) die dood van Reynhardt Opperman bevestig.

“Dit is met diepe hartseer dat ons die afsterwe van ons geliefde Reynhardt Opperman, kliënteskakelbestuurder, en deel van Bloemsec vir meer as 17 jaar, aankondig,” lui die inskrywing op Facebook. 

“Reynhardt was ’n gekoesterde familielid, vriend en kollega wie se warmte, integriteit en vriendelikheid die lewe van almal wat hom geken het, geraak het. 

“Hy sal onthou word vir sy krag, wysheid en onwrikbare toewyding aan diegene vir wie hy lief was. Mag sy siel in vrede rus, en mag vertroosting gegee word aan almal wat sy afsterwe betreur.”

Reynhardt Opperman. Foto: Liesel Opperman/Facebook

Sy vrou, Liesel, het hom op Facebook bedank vir 12 wonderlike jare. “Dankie vir die pragtige twee kinders vir wie jy so lief was. Dankie dat jy jou gesin altyd eerste gestel het. Nou moet ons jou groet en dis bitter moeilik.” 

Joel Mokgadi het hom op Facebook geloof: “Hy was werklik ’n pilaar van krag, ’n toegewyde, professionele persoon en ’n gewaardeerde lid van ons sekuriteitsprotokolspan. Sy 4x4-benadering tot die bedryf was werklik inspirerend, en hy sal gemis word.”

“Hy was nog altyd net goed vir ons ouens gewees,” sê JP Heymans. “Ek ken geen persoon wat een slegte woord ooit van hom gepraat het nie. Rus in vrede groot man.”

ERMG-sekuriteit het ook ’n huldeblyk geplaas. “Die verlies van een lid van die gemeenskap van die sekuriteitsbedryf is ’n verlies vir ons almal. Sterkte aan almal wat ’n gewaardeerde dienaar van sekuriteit verloor het.”

Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.