On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

Ses dood in middernagtelike ongeluk naby Fouriesburg

───   10:34 Sun, 04 Jan 2026

Ses dood in middernagtelike ongeluk naby Fouriesburg | News Article
Die ongelukstoneel buite Fouriesburg waar ses mense dood en 21 beseer is. Foto: SAPD/Facebook

'n Dodelike botsing het Saterdag (3/1) omstreeks 23:50 op die R26-pad buite Fouriesburg die lewe van ses mense geëis. Minstens 21 is in die ongeluk beseer.

Ao. Mmako Mophiring, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê die botsing het plaasgevind tussen ’n Mercedes-Benz Sprinter-bussie met 22 sitplekke en 'n Kia-sedanmotor. Volgens ooggetuies het die bestuurder (21) van die Kia na bewering nie by die by die kruising gestop nie.  

Nooddienste was vinnig op die toneel en die beseerdes is in hospitale op Bethlehem en Bohlokong opgeneem. Die vyf vroue en een man is op die toneel dood verklaar.

Die insittendes van die bussie was van Ficksburg na Pretoria onderweg. Die Kia was met vyf insittendes op pad na Mashaeng. Drie insittendes is op die toneel dood terwyl twee met ernstige beserings hospitaal toe geneem is.

Die Mercedes-Benz Sprinter-bussie wat in die ongeluk betrokke was. Foto: SAPD/Facebook

Mophiring sê nooddienste en wetstoepassers het deur die nag gewerk om die ongelukstoneel op te ruim en die beseerdes te help. 

Strafbare manslag  

Die name van die oorledenes kan nie bekendgemaak word voordat hul naasbestaandes nie in kennis gestel is nie. ’n Saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.