Central SA
Stigting delg skooluniformskuld om leerders te help─── 14:00 Fri, 09 Jan 2026
Terwyl leerders landwyd regmaak om terug skool toe te gaan, sit die Fundi Foundation Bring a Little Joy voort.
Die projek is begin om gesinne te help wat noustrop trek deur uitstaande bêrekope op skoolklere by groot nasionale kleinhandelaars, soos Ackermans, Pep en Jet, af te betaal. Die maatskappy meld dat die koste van skoolbenodigdhede vir baie Suid-Afrikaanse huishoudings, veral dié op die platteland of arm gemeenskappe, ’n beduidende hindernis vir onderwys inhou.
Die organisasie het R15 000 bewillig vir die onmiddellike afbetaling van dié bêrekope. Die veldtog poog om die waardigheid van leerders te herstel deur te verseker dat hulle die skooljaar met die nodige klere begin.

Die orginasasie het R15 000 bewillig vir die onmiddellike vrystelling van hierdie bêrekopies. Foto: Fundi foundation
“Met die erkenning dat sommige ouers nie in staat was om hul bêrekoop-items af te haal nie, selfs nadat die skooljaar reeds begin het, wat daartoe gelei het dat studente skool in hul ou klere bywoon, het Fundi Foundation ’n landwye veldtog genaamd ‘Bring a Little Joy’ van stapel gestuur,” sê die organisasie.
Die stigting beklemtoon dat uniforms ’n kritieke rol speel in die bevordering van inklusiwiteit en die uitskakeling van mededingende kleredrag, wat tot maatskaplike wrywing en afleidings in die klaskamer kan lei.

Deur hierdie rekeninge af te betaal, verseker die stigting dat leerders hul toerusting onmiddellik kan afhaal. Foto: Fundi foundation
Deur hierdie rekeninge af te betaal, verseker die stigting dat leerders hul toerusting onmiddellik kan afhaal, eerder as om maande lank te wag vir hul ouers om die skuld te delf.
“Die primêre doel van hierdie veldtog is om finansiële laste te verlig en die selfvertroue en waardigheid van leerders ’n hupstoot te gee,” sê die organisasie.
Dié ingryping is in direkte reaksie op die Januarie-geldnood, wat so baie mense ervaar.
• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.
OFM Nuus mvh

