Central SA
Noord-Kaapse provinsiale kommissaris verseker skoolkinders se veiligheid─── CHARNÉ VAN DER MERWE 11:34 Tue, 13 Jan 2026
Die Noord-Kaap se polisiekommissaris sê die polisie sal help toesien dat leerders die nuwe skooljaar veilig begin.
Lt.genl. Koliswa Otola wens ook die matriekklas van 2025 geluk met hul besondere prestasies. Die slaagsyfer het met 3,57 persentasiepunte gestyg, van 84,2% in 2024 tot 87,79%.
Die afgelope ses jaar is ’n bestendige groei van 21,79 persentasiepunte in die matriekslaagsyfer aangeteken, van 66% tot 87,79% gestyg het. “Ek wens julle alle sterkte toe vir julle toekomstige pogings, en mag julle sukses deure oopmaak vir nuwe geleenthede,” sê Otola.

“Die polisie is toegewyd om leerders teen geweld, blootstelling aan gevaarlike wapens en dreigemente, diefstal, afknouery en teistering, sowel as die verkoop of gebruik van onwettige middels op skoolterreine en ander vorme van kriminaliteit gedurende die 2026-skooljaar te beskerm.”
Om hierdie doelwit te ondersteun, kan die volgende veiligheidswenke deur leerders, opvoeders en ouers gebruik word om ’n veilige skoolomgewing te bevorder.
Algemene wenke
- Bly waaksaam – loop aandagtig, en moenie elektroniese toestelle of oorfone gebruik terwyl jy na en van die skool loop nie.
- Loop slegs op die sypaadjie en by voetoorgange; kyk albei kante toe voordat jy die pad oorsteek.
- Maak seker oor die oorgangsafstand voor jy die pad oorsteek.
- Maak oogkontak met die bestuurder van ’n voertuig wat naby jou is.
- Moet nooit saamrygeleenthede van vreemdelinge aanvaar nie.
- Vertrou jou instink – as jy dink iets is verkeerd, rapporteer dit.
Slagoffers, kry onmiddellik hulp
- Maak soveel geraas as moontlik om onderwysers en ander leerders te waarsku wanneer jy in die moeilikheid is.
- Moenie fisiek inmeng in bakleiery nie – jy kan self seerkry; stel eerder ’n onderwyser of skoolsekuriteit in kennis.
- Maak seker jy het altyd ’n noodkontakpersoon.
- Rapporteer skoolboeliegedrag en enige misdaad aan jou onderwyser, skoolhoof en ouers.
Skoolvervoerbestuurders
- Stop en gee voetgangers voorkeur wat by ’n voetoorgang of kruising is.
- Moenie ’n voertuig verbysteek wat by ’n voetoorgang stilstaan nie.
- Wees oplettend rondom skoolsones.
- Bly van jou selfoon af terwyl jy in skoolsones ry.
- Stop altyd vir ’n skoolpatrolliebeampte of voetoorgangwag.
- Let op vir fietse wat van opritte of agter geparkeerde motors af kom.
- Maak oogkontak met voetgangers wat die straat oorsteek.
Ouers
- Leer jou kind hoe om korrek op en van skoolvervoer af te klim.
- Herinner jou kind altyd om op die sypaadjie te loop, óf om teenoor aankomende verkeer te loop in die afwesigheid van ’n sypaadjie.
- Maak seker jou kind se veiligheidsgordel is vas wanneer hulle skool toe vervoer word.
- Voer gereelde gesprekke met jou kind oor skoolveiligheid, bestuurspraktyke en padverkeerswette om te verseker dat hulle die padreëls verstaan.
- Wees bedag op enige veranderinge in u kind se gedrag of houding.
Meld enige verdagte optrede of misdaad aan by Stop Misdaad by 08600 10111 of via die MySAPS-app. Bel die Kinderlyn vanaf jou selfoon by 116. Alle inligting sal vertroulik behandel word.
• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427

