On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
Show Background
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaat: Vermiste-meisie glo vermoor ná beweerde vrugtediefstal

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:50 Sun, 18 Jan 2026

Vrystaat: Vermiste-meisie glo vermoor ná beweerde vrugtediefstal | News Article
Naledi Ramaisa. Foto verskaf

‘n Tienerseun sal na verwagting Maandag (19/1) op aanklag van moord in die hof verskyn nadat ’n vermiste meisie (8) se liggaam gevind is.

Die polisie sê haar moord hou verband met beweerde vrugtediefstal. Haar verdwyning is ook nie onmiddellik aangemeld nie. 

Naledi Ramaisa, ’n inwoner van Tambo in Matwabeng naby Senekal, is Vrydag (16/1) as vermis aangemeld nadat sy Dinsdag (15/1) sporrloos verdwyn het, sê sers. Sinah Mpakane, provinsiale poliewoordvoerder.

“Naledi is op die betrokke dag by haar niggie (14) by die huis gelos toe haar tannie, Mmami Msibi, omstreeks 07:00 gaan werk het.

“Toe Msibi later by die huis aankom, het haar  dogter haar meegedeel Naledi het kort nadat sy (Msibi) die huis verlaat het buite toe gegaan en nie weer teruggekom nie,” sê Mpakane.

Skool

’n Uitgebreide soektog deur haar familie en die gemeenskap was onsuksesvol. Die polisie is daarna in kennis gestel en daar is ook uitgevind Naledi was ook glad nie by die skool nie. 

“ ’n Soekspan het die gebied gefynkam, maar na Msibi se blyplek teruggekeer en opgemerk ’n aangrensende hut in Tambo is nie deeglik ondersoek nie. Dit was tydens vorige deursoekings gesluit.” 

Tiener aangekeer 

Mpakane sê die deur moes oopgedwing word en haar liggaam was in 'n groot houer versteek. Sy is op die toneel dood verklaar en deur haar tannie uitgeken.

Die eienaar van die hut was in Welkom en haar neef (16) het daar gebly. Hy was by die skool toe die polisie opgedaag het. “Die tiener is by die skool gehaal en vir ondervraging ingeneem.”

Volgens Mpakane het die seun beken hy het Naledi met ’n klip geslaan, want sy het perskes van die boom afgepluk. Hy het haar bewustelose liggaam in die houer versteek. 

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.