On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
Show Background
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaap: Vermiste bejaarde dood gevind

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:21 Sun, 18 Jan 2026

Noord-Kaap: Vermiste bejaarde dood gevind | News Article
Ontlametse Matsime. Foto: SAPD

Die bejaarde Noord-Kaapse man was byna tien dae lank vermis.

Ontlametse Matsime, (77) wat sedert Vrydag (9/1) vermis was, is dood in ’n veld gevind. Sy liggaam is Saterdag (17/1) naby Gasehunelo gekry.

Die polisie het alle rolspelers bedank wat aan die soektog deelgeneem het, sê sers. Merapelo Pilane, provinslaie polisiewoordvoerder.

OFM Nuus het vroeër berig Matsime is laas gesien toe hy ’n buurman in Gasehunelo, Kuruman, besoek het. Hy is daarna nooit weer gesien nie. 

Intussen vra die Vrystaatse-polisie die publiek se hulp om Gaopalelwe Kekgopilwe (16), op te spoor. Hy is Saterdag (17/1) as vermis aangemeld.

Gaopalelwe Kekgopilwe is Woensdag (14/1) omstreeks 09:45 laas in Phelindaba, Bloemfontein, gesien. Foto verskaf

“Daar word beweer sy ma (34) het hom gevra waar hy is en hy het geantwoord hy sal binnekort terug wees,” sê sers. Mahlomola Kareli, polisiwoordvoerder.

Hy was geklee in ’n grys t-hemp, beige langbroek en swart Carvela-skoene.

Enigiemand wat Gaopalelwe moontlik gesien of inligting het oor waar hy hom bevind kan die ondersoekbeampte by 082 895 6344 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

Geen wagtydperk

Daar is geen wagtydperk om ’n persoon as vermis aan te meld nie. Vroeë aanmelding verbeter die kanse op ’n suksesvolle uitkoms. Die volgende kan help:

  • Verskaf ’n onlangse foto van die vermiste persoon, indien moontlik.
  • Gee ’n volledige beskrywing van waar die vermiste persoon woon, die klere wat hy/sy aan gehad het, asook enige inligting wat die ondersoekbeampte kan help.
  • Vul ’n polisie 55(A)-vorm in en onderteken dit. Hierdie vorm beskerm die polisie teen gekskeerdery en magtig hulle om die foto en inligting van die vermiste persoon te versprei.
  • Kry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede, en stuur enige bykomende inligting wat beskikbaar word direk aan hom of haar.
  • As ’n vermiste gevind word of vrywillig terugkeer, stel die ondersoekbeampte onmiddellik in kennis. ’n Polisie 92-vorm moet ingevul word om die buro vir vermiste persone in kennis te stel, sodat die vermiste persoon se verslag uit die verspreidingstelsel gehaal kan word.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.