On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfonteiner met mediese toestand al byna drie weke vermis

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:50 Tue, 20 Jan 2026

Bloemfonteiner met mediese toestand al byna drie weke vermis | News Article
Dean Dimitri van Wyk word vermis. Foto verskaf

’n Bekommerde Bloemfonteinse familie vra inwoners moet help soek na hul naasbestaande met ’n ernstige mediese toestand wat reeds amper drie weke vermis word.

Dean Dimitri van Wyk (31) is op 6 Januarie as vermis aangemeld. Hy is die vorige middag laas gesien is. Sy oom Hennie Botes sê die familie raak toenemend bekommerd namate dae verbygaan sonder tyding van Dean.

“Hy is die laaste keer omstreeks 16:00 in Langstraat, Hilton, gesien.” Van Wyk het grys jeans, ’n blou T-hemp en blou tekkies met ’n wit sool aangehad. 

Hy het blykbaar dié adres te voet verlaat en nie ’n selfoon by hom gehad nie.

Van Wyk, wat by mense in Sarel Cilliersstraat woon, ly aan epilepsie en daar is ná ’n maagoperasie ’n mediese dreineringsbuis in sy buik aangebring, wat sy verdwyning veral kommerwekkend maak.

Kommer oor veiligheid

“Ons is uiters bekommerd oor Dean se veiligheid weens sy mediese toestand. Hy het medikasie en mediese sorg nodig,” sê Botes. 

Hy vra enigiemand wat Van Wyk gesien het of inligting het oor waar hy hom bevind, moet dringend na vore kom.

Enigiemand met inligting kan Navalsig se polisie bel by 051 406 1200 of Botes by 084 597 1579.

Gaopalelwe Kekgopilwe is gevind. Foto verskaf

Intussen is ’n Noord-Kaapse tiener gevind wat sedert Saterdag (17/1) vermis was. Gaopalelwe Kekgopilwe (16) het na bewering ’n buurman in Gasehunelo, Kuruman, besoek, maar het nie teruggekeer huis toe nie.

“Gaopalelwe het Maandag (19/1) ongedeerd by sy ouers se huis aangekom. In hierdie stadium is geen inligting beskikbaar oor waar hy oral was nie,” sê sers. Mahlomola Kareli, provinsiale polisiewoordvoerder.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe  cvs


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.