On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes: hulp gesoek ná moontlike ontvoering van vriende

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:16 Fri, 23 Jan 2026

Noordwes: hulp gesoek ná moontlike ontvoering van vriende | News Article
Oratile Calvin Mokgethi en Ketshepamang Sebothe. Foto verskaf

Noordwes-polisie vra die publiek se hulp om twee mense op te spoor wat na bewering langer as ses weke gelede ontvoer is.

Oratile Calvin Mokgethi (25) en Ketshepamang Sebothe (26) word sedert 14 Desember vermis, nadat hulle laas deur familielede by hul onderskeie woonplekke gesien is. Hul verdwyning wek ernstige kommer, en die polisie vermoed hulle is ontvoer.

In hierdie stadium bly die omstandighede rondom hul verdwyning onduidelik, sê sers. Kelebogile Morake, provinsiale polisiewoordvoerder. Sy sê die polisie volg alle moontlike leidrade op terwyl die soektog voortduur. Enigiemand met inligting word versoek om hul naaste polisiekantoor of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

Police seek public help to find Lichtenburg teenager | News Article

Letlhogonolo Daniel Matebele from Blydeville near Lichtenburg. Photo: SAPD

Intussen vra Lichtenburg sr polisie die publiek se hulp om ’n 17-jarige op te spoor wat sedert 29 Desember vermis word.

Letlhogonolo Daniel Matebele, van Blydeville naby Lichtenburg, het glo vir sy ouers gesê hy gaan slaap. Toe sy ouers hom die volgende dag soek, was hy nêrens te vinde nie, sê ao. Kelebogile Morake, provinsiale polisiewoordvoerder.

Ten spyte van uitgebreide ondersoeke het die polisie nog geen leidrade gevind nie.

Gesondheidsuitdagings

Volgens sy ouers is Matebele epilepties en het hy geestesgesondheidsuitdagings. Hulle kan nie onthou wat hy ten tyde van sy verdwyning aangehad het nie. Hy word beskryf as donker van gelaat en skraal gebou.

Die polisie vra dat enigiemand wat hom moontlik gesien het of weet waar hy is, sers. Alpheus Moremi nader by 079 080 7284 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel. Anonieme wenke kan ook gestuur word via die MySAPS-app vanaf ’n slimfoon.

Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuuslyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.