On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

DA in Vrystaat hou provinsiale kongres voor plaaslike verkiesing

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:00 Sat, 31 Jan 2026

DA in Vrystaat hou provinsiale kongres voor plaaslike verkiesing | News Article
Partyleier John Steenhuisen gaan ook die kongres toespreek. Foto: DA

Die DA hou Saterdag (31/1) sy provinsiale kongres in Bloemfontein om nuwe leiers te kies en sy koers uit te stippel voor die munisipale verkiesing.

Op die driejaarlikse kongres in die Bloemfonteinse stadsaal kom afgevaardigdes van dwarsoor die provinsie bymekaar om partysake te debatteer, strategiese prioriteite te bepaal en ’n provinsiale leierspan te kies wat die DA na die komende verkiesing moet lei, sê Werner Horn, provinsiale voorsitter. “Verskeie sleutelposte sal op die kongres betwis word, insluitend dié van die provinsiale leier, provinsiale voorsitter, provinsiale adjunkvoorsitter en provinsiale finansiesvoorsitter.”

Horn sê hulle verwag ’n magdom kongresgangers, onder wie 365 afgevaardigdes wat DA-parlementslede, Vrystaatse wetgewerlede en raadslede uit alle uithoeke van die provinsie insluit.

Dr. Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier. Foto: DA

Senior partyleiers sal ook die byeenkoms toespreek, onder wie partyleier John Steenhuisen, federale adjunkvoorsitter Solly Malatsi en provinsiale leier dr. Roy Jankielsohn. 

Die leiers wat op die kongres verkies word, sal ’n deurslaggewende rol speel in die vorming van die DA se veldtog- en regeringstrategie in die aanloop tot die munisipale verkiesing.

Die kongres is ’n belangrike oomblik vir die party in die provinsie terwyl gewerk word om DA se teenwoordigheid en trefkrag in gemeenskappe te versterk, sê Horn. “Hierdie kongres bring ons strukture van dwarsoor die Vrystaat bymekaar om die leierskap te verkies, oor belangrike partysake te praat en duidelik rigting te gee vir die toekoms.”

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cvs/mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.