On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Man in Kimberley kry tronkstraf ná moord op gewese vrou

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:13 Thu, 05 Feb 2026

Man in Kimberley kry tronkstraf ná moord op gewese vrou  | News Article
Alberto Matthews is gevonnis vir die moord op Mandy Bailey. Foto: Facebook

’n Noord-Kapenaar is 30 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op sy eksvrou ten aanskoue van hul minderjarige dogter.

Alberto Matthews (36) is Donderdag (5/2) in die hooggeregshof in Kimberley gevonnis vir die moord op Mandy Bailey (43), die onwettige besit van ’n vuurwapen en die oortreding van ’n beskermingsbevel. Die hof het ’n vonnis van 20 jaar tronkstraf opgelê vir die moord en ’n bykomende tien jaar vir die rig van ’n vuurwapen op die oorledene se dogter en die vrou se broer Wesley. 

Bailey (43) is op 27 Desember 2023 meermale in die kop en bolyf by haar huis in Beaconsfield geskiet, sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder. Sy het ’n beskermingsbevel teen Matthews gehad ná ’n beweerde aanranding die maand vantevore.


Bailey was ’n senior rekenmeester by die provinsiale departement van samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake.

Matthews het by Bailey se huis ingebreek om die moord te pleeg, het die staat aangevoer. Dit kon nie bo redelike twyfel bewys word nie, maar dis wel bewys hy was in die huis en het Bailey vermoor.

Wesley het getuig dat hy skote gehoor en die kamer binnegestorm het. “Matthews het die vuurwapen op hom gerig. Die vuurwapen het egter vasgehaak, wat hom toegelaat het om te vlug.”

Mandy Bailey. Foto: Facebook

Matthews is ook skuldig bevind aan die rig van ’n vuurwapen op Bailey se oudste dogter, Erin Cupido.

Sy regsverteenwoordigers het aanvanklik aangevoer Matthews besit nie ’n vuurwapen nie, maar ’n skoot is afgevuur tydens ’n worsteling tussen hom, Bailey en Wesley.

Nadat Matthews glo van die vuurwapen ontslae geraak het, het die polisie later ’n vuurwapen en ammunisie naby die gebied waar hy in hegtenis geneem is, teruggevind.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.