On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Verdagtes soek ná krieketafriger sterf in huisaanval

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:57 Thu, 12 Feb 2026

Verdagtes soek ná krieketafriger sterf in huisaanval | News Article
Berend Alkema. Foto: Facebook

Die Gautengse polisie vra die publiek moet na vore kom met enige inligting nadat ’n geliefde krieketafrigter van Centurion doodgeskiet is tydens ’n inbraak.

Berend Alkema (26), ’n afrigter van die Excellentiam-krieketakedamie in Lyttelton, het vroeg Woensdagoggend (11/2) gesterf toe gewapende inberekers op sy ouerhuis toegeslaan het. Volgens voorlopige inligting het die gesin, onder wie Alkema se ouers, Berend sr. en Ann, geslaap toe twee gewapende verdagtes die huis binnekom het.

’n Skoot is tydens ’n konfrontasie gehoor, waarna die verdagtes gevlug het, sê ao. Marinda Austin, provinsiale polisiewoordvoerder. 


“Die oorledene se pa het later ontdek dat sy seun geskiet is. Hy is hospitaal toe gehaas, maar is met aankoms dood verklaar.”

Niemand nog in hegtenis geneem nie, sê Austin, en die saak word ondersoek as poging tot huisroof en moord. Niks is gesteel nie.

Ann is die hoofbedryfsbeampte van die Laerskool Hennopspark waar Berend jr. se suster, Yteke, ’n gr. R-onderwyseres is. Skoolhoof Jannie Raath het die nuus in ’n verklaring bevestig en sê Alkema was geliefd onder die seuns van die skool wat krieketafrigting by die akademie ontvang het.

Berend Alkema is in 'n huisroof geskiet. Foto: LinkedIN

Die skool wou nie Woensdag die leerders met die tragiese nuus ontstel nie, sê Raath. 

“Ons kan nie ons kinders nou hier ontstel met hierdie nuus nie. Ons het gevoel dit is beter om ouers eers in te lig sodat hulle hul eie kinders kan begelei wanneer hierdie hartseer nuus gedeel word. 

“Hulle sal die beste weet hoe om hulle kind te troos.”

Vriend, speler, afrigter

Shawn Bongers, ’n jare lange vriend van Alkema, sê die nuus is verpletterend vir die krieketgemeenskap. Hy is hoofafrigter by Excellentiam. 

“Vandag was een van die ergste dae, nie net in die krieketgemeenskap van Suid-Afrika nie, maar ook vir my as ’n vriend, en vir baie kinders vir wie hy ’n trotse rolmodel was.

“Hy was ’n vriend, speler en afrigter in my akademie. Berend Alkema sal deur almal gemis word. Hy het baie lewens aangeraak.”

* Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.