On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vermiste Bloemfonteinse weermaglid veilig gevind

───   REFILWE BEKANE 13:00 Wed, 18 Feb 2026

Vermiste Bloemfonteinse weermaglid veilig gevind | News Article
Vermiste Bloemfonteinse weermaglid veilig gevind. Foto: Saps

’n Lid van die SANW wat tien dae lank vermis was, is opgespoor.

Phangoa Motlalepule (39), wat op die Tempe-basis in Bloemfontein gestasioneer is, is veilig gevind en is sedertdien met haar familielede herenig. Speurders van Kagisanong en Parkweg se fietseenheid het langer as ’n week hoog en laag na haar gesoek.

Motlalepule is ongedeerd by haar kêrel se woonplek gevind. Die aanvanklike verslag is deur ’n militêre bevelvoerder ingedien nadat sy Saterdag (7/2) versuim het om vir ’n skof aan te meld.

Sy het na bewering omstreeks 08:30 daardie oggend vanaf ’n woning in Turflaagte vertrek en gesê dat sy op pad was werk toe. Sy het egter nooit opgedaag nie, wat haar bevelvoerder genoop het om die polisiediens in kennis te stel.

In ’n afsonderlike saak vra Hoopstad se polisie moet help soek na ’n vermiste 28-jarige. 

’n Vriend, Sipho Gwele, het Gopolang Calvin Riet laas vroegaand op Maandag 26 Januarie gesien waar hy op die plaas Gruisdrif gewerk het.

Gopolang Calvin Rie. Foto: Saps

Ten tyde van sy verdwyning het hy ’n groen oorpak gedra. 

Hy word beskryf as bruin van gelaatskleur met ’n sagte swart baard en swart rastalokke. Hy het ook ’n kenmerke tatoe van sy naam, “Gopolang”, aan sy regterskouer.

Enigeen met inligting wat die polisie kan help om Riet op te spoor, kan ao. Leepile Mojanaga by 082 446 7944 of 053 444 2800 nader of Stop Misdaad bel by 08600 10111. Wenke kan anoniem gedeel word met die MySAPS-app.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of WhatsApp die OFM Nuuslyn: 066 487 1427.

OFM Nuus mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.