Central SA
Hospitale, skole se dienste gesny om Matjhabeng se R1 mjd. te verhaal─── REFILWE BEKANE 13:00 Thu, 19 Feb 2026
Uitstaande rekeninge plaas aansienlike druk op die munisipaliteit se finansiële volhoubaarheid.
Matjhabeng-munisipaliteit sê dit kniehalter sy vermoë om noodsaaklike infrastruktuur in stand te hou en noodsaaklike dienste te lewer. Daarom sê dié plaaslike owerheid op die Vrystaatse Goudveld skuld die stryd aan.
Terwyl hy in ’n bestaanstryd gewikkel is, beweeg die streek se infrastruktuur op die randjie van ineenstorting. Matjhabeng sê staatsdepartemente, hospitale en sakeondernemings skuld hom meer as R1 miljard in onbetaalde dienstegeld.

Verskeie hospitale, skole en besighede staar onmiddellike krag- en wateronderbrekings in die gesig weens die munisipaliteit se streng nuwe invorderingsmaatreëls. Foto: Sibusiso Gumede
Hy dreig om water en krag af te sny na instellings en ondernemings wat versuim om hul agterstallige skuld te vereffen. Dit raak onder meer die Bongani-hospitaal, RH Matjhabeng- privaat hospitaal, verskeie staatskole en plaaslike besighede wat nou almal gevaar loop van diensonderbrekings.
Die afsnyery sal onder toesig van burgemeester Thanduxolo Khalipa, die burgemeesterskomitee en munisipale bestuur geskied om te verseker dis deursigtig en verantwoordbaar.
Gemeenskapskwellings en -uitdagings
Welkom en omstreke gaan lank reeds gebuk onder munisipale probleme. Op ’n onlangse maatskaplike imbizo het sommige gefrustreerde inwoners gekla oor die munisipaliteit se onvermoë om konstante en betroubare dienste te lewer.
Tshediso Tlali, munisipale woordvoerder, sê hulle is bereid om te onderhandelik voor water- en kragtoevoer gestaak word. “Diegene wat reëlings wil tref, kan met ons gesels.” Sommige instellings het trouens reeds begin om hul skuld te delg.
Die munisipaliteit vra ondernemings en staatsdepartemente wat hierder geraak word, moet dringend die inkomsteafdeling kontak maak om ’n betalingsreëlings te tref. Beamptes sê dié optrede nodig is om die belange te beskerm van inwoners wat getrou hul munisipale rekening betaal, en om die vermoë te herstel om gehaltedienste aan die hele gemeenskap te lewer.
• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of WhatsApp die OFM Nuuslyn: 066 487 1427.
OFM Nuus mvh
