On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Woede, onsekerheid oor nuwe kragmodel vir Kimberley

───   REFILWE BEKANE 15:00 Thu, 26 Feb 2026

Woede, onsekerheid oor nuwe kragmodel vir Kimberley | News Article
Die Sol Plaatje- plaaslike munisipaliteit is na bewering besig om voort te gaan met ’n nuwe kapasiteitsgebaseerde elektrisiteitsmodel vir 5 900 huishoudings. Foto: Freepik

Sol Plaatje-munisipaliteit gaan na bewering voort met ’n nuwe elektrisiteitsmodel vir 5 900 huishoudings gebaseer op kapasiteit.

VF Plus-rdl. Johan Smit sê hierdie model sluit basiese én kapasiteitsheffings in. ’n Brief van die munisipaliteit aan inwoners oor dié veranderinge bevat egter nie ’n begin- of einddatum vir die 21-dae-kennisgewingtydperk nie.

Blykbaar word 16% van huishoudings in Kimberley en op Modderrivier en Ritchie nie korrek gefaktureer nie weens onklaar meters, onwettige kragverbindings en diefstal, sê hy. Sol Plaartje teiken verbruikers wat betaal, pleks van om infrastruktuur te herstel of huishoudings sonder meters te registreer.

Die meeste raadslede het geen inligting ontvang oor veranderinge aan die wetgewende raamwerk nie, sê Smit. “As jy nie vir almal in die straat verduidelik hoe dinge werk nie – ampère, kilowatt-uur, elektriese eenhede en al die terminologie wat hulle gebruik – dan kry jy chaos.”

Openbare protes

Weens die gebrek aan inligting het gemeenskapsgroep protesoptrede gereël. Groepe het reeds sedert verlede Sondag (22/2) begin vergader om die situasie te bespreek, sê Smit. 

Hulle sê as die burgemeester en munisipale bestuurder nie ’n formele kommunikasieproses implementeer nie, loop die munisipaliteit gevaar van betogings soos reeds in Kimberley voorgekom het.

’n Onlangse verklaring van die VF Plus wys dat 16% van huishoudings in gebiede soos Kimberley, Modderrivier en Ritchie nie korrek gefaktureer word nie. Foto: OFM Nuus

’n Afsonderlike dokument met berekeninge en voorbeelde is intussen opgestel om inwoners te help om die voorgestelde veranderinge te verstaan. Maar geen veranderinge mag wetlik gefinaliseer word totdat ’n formele proses van openbare deelname en gemeenskapsamewerking plaasgevind het nie, maan Smit.

“As die burgemeester en die munisipale bestuurders nie vinnig optree en hierdie proses op die regte manier implementeer nie, gaan daar baie probleme wees,” voorspel Smit.

OFM Nuus het Sol Plaatje-munisipaliteit om kommentaar genader.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Refilwe Bekane mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.