On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Kleuters en kos: Bou uit die staanspoor ’n positiewe verhouding

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 13:43 Fri, 06 Mar 2026

Kleuters en kos: Bou uit die staanspoor ’n positiewe verhouding | News Article
Op ’n sekere ouderdom raak kinders vreeslik kieskeuring oor kos. Foto: iStock

Dit voel asof dit oornag gebeur: Die een dag eet jou kleuter alles wat jy voor hom of haar neersit, net om die volgende dag neus op te trek vir gister se patat.

Hoewel hierdie fase frustrerend kan wees, is dit ’n normale ontwikkelingsfase. Goeie eetgewoontes begin wanneer kinders aan vaste kosse blootgestel word.

Hoe meer moeite jy in hierdie fase doen, hoe makliker sal dit wees om later gesonde gewoontes in jou kind se lewe te (vestig),” sê Marita Bezuidenhout, bedryfskenner by BabyWombWorld en eienaar van Magies Vol Liefde. “Die doel is om ’n positiewe verhouding met kos te bou in die hoop om die 'kieskeurige eter'-fase heeltemal te vermy.”

Van ongeveer twaalf tot 16 maande begin kleuters besef hulle is onafhanklik. Met hierdie nuwe gevoel van “self” kom dikwels weerstand tydens maaltye. “Skielik voel hulle bemagtig en gereed om hierdie nuwe vaardigheid te gebruik en dit is wanneer kieskeurige eet kan begin.”

Marita Bezuidenhout. Foto verskaf

So hoe herbou jy ’n gesonde voedselverhouding wanneer weierings begin? “Ek glo vas daaraan om nie vir kinders ’n bak jogurt of noedels te gee as hulle besluit hulle wil nie eet nie. Ek verduidelik vir hulle, selfs op ’n jong ouderdom, dat ons later weer sal probeer.”

Sy beveel aan om dieselfde maaltyd weer ná ’n rukkie, ongeveer 20 tot 30 minute, te gee nadat dit geweier is. “Binne ’n week of wat besef hulle dat dit nie ’n slagveld is nie en die stryd vervaag.”

Volgens Bezuidenhout is dit belangrik om nie kinders te dwing om te eet nie, maar dis belangrik om konsekwent te wees. “Ek is immers die ouer en ’n kieskeurige eter sal my nie onderkry nie.”

Om keuses aan te bied kan ook nuttig wees, maar binne gesonde perke. “Ja, jy kan opsies gee – maar gee dit op jou eie terme, en maak seker dit is gesonde opsies,” sê sy. Ouers moet hulle afvra of ’n maaltyd regte voedingstowwe of bloot leë kalorieë verskaf.

Indien kinders nie die kos wil eet, wag 'n rukkkie en gee dit weer vir hulle. Foto: iStock

“Om bestanddeeletikette na te gaan is ewe belangrik. Indien suiker, versoeters of versteekte suikers soos glukose, maltodekstrien of vrugtesapkonsentraat onder die eerste paar bestanddele verskyn, kan dit wys wees om ’n alternatief te kies.”

Vars kos sonder bymiddels of kleurstowwe is altyd die beste keuse. Blootstelling maak ook saak. Verskillende kleure, teksture, smake en reuke leer kinders alles oor natuurlike kos. Bessies kan byvoorbeeld soet of suur, sag of ferm wees; elke ervaring bou vertroudheid. 

Dieselfde bestanddeel kan ook op verskillende maniere berei word: wortels kan gestoom, fyngemaak, gebraai, in repies gesny of rou met ’n gesonde sous voorgesit word.

Bezuidenthout sê dit is beter om kosse en drankies te beperk wat min voedingswaarde toevoeg, soos koeldrank, lekkers, koekies, hoë-GI-gebak, soos muffins en witbrood, en swaar verwerkte kosse soos nuggets.

Vars kos sonder bymiddels of kleurstowwe is altyd die beter keuse. Foto: iStock

“Moedig liewer gebalanseerde maaltye aan en betrek kinders in die kombuis. Laat hulle help met voorbereiding en bied klein proe-happies langs aan. Die belangrikste is, lei deur voorbeeld, kinders volg wat ons doen veel meer as wat ons sê.”

Met geduld, konsekwentheid en duidelike grense hoef kieskeurige eetgewoontes nie jou kind se verhouding met kos te definieer nie. “Bly kalm, hou aan om gesonde opsies aan te bied, en onthou: Dis net ’n fase,” is Bezuidenhout se raad.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.