Central SA
Hulp gevra om Oos-Vrystaatse kleuter op te spoor─── CHARNÉ VAN DER MERWE 08:57 Sun, 08 Mar 2026
Die Vrystaatse polisie vra die publiek om te help om ’n vermiste kleuter op te spoor.
Die Bohlokong-polisie in die Oos-Vrystat ondersoek die verdwyning van Mokhatla (4). Hy is Saterdag (7/3) laas gesien is.
Ntokozo, van Motaungstraat in Bohlokong, Bethlehem, het glo vermis geraak toe hy met bure se kinders gespeel het, sê ao. Mmako Mophiring, provinsiale polisiewoordvoerder
“Sy ma het hom gesoek, maar sonder sukses. Hy het ’n blou polohals-hemp en blou kortbroek aangehad.”

Die vermiste kleuter. Foto verskaf
Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte by 082 453 0794 bel of Stop Misdaad by 08600 10111. Anonieme wenke kan ook via ’n slimfoon na die MySAPS-app gestuur word .Alle inligting sal vertroulik gehanteer word.
Geen wagtydperk
Die polisie sê daar is geen wagtydperk om ’n persoon as vermis aan te meld nie. Vroeë aanmelding verbeter die kanse op ’n suksesvolle uitkoms. Die volgende wenke kan help.
- Verskaf ’n onlangse foto van die vermiste persoon, indien moontlik.
- Gee ’n volledige beskrywing van waar die vermiste persoon woon, die klere wat hy/sy aangehad het, asook enige inligting wat die ondersoekbeampte kan help.
- Vul die polisie se 55(A)-vorm in en onderteken dit. Hierdie vorm beskerm die polisie teen gekskeerdery en magtig hulle om die foto en inligting van die vermiste persoon te versprei.
- Kry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede en stuur enige bykomende inligting wat beskikbaar word, direk aan hom of haar.
- As ’n vermiste persoon gevind word of vrywillig terugkeer, stel die ondersoekbeampte onmiddellik in kennis. Die polisie se 92-vorm moet ingevul word om die buro vir vermiste persone in kennis te stel sodat die vermiste persoon se geval uit die verspreidingstelsel gehaal kan word.
* Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn:066 487 1427.
OFM Nuus cvs

