On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vrystater gesoek wat glo kliënt probeer vergiftig

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:28 Wed, 11 Mar 2026

Vrystater gesoek wat glo kliënt probeer vergiftig | News Article
Die man wat gesoek word nadat 'n 18-jarige van Bloemfontein gif ingekry het. Foto: SAPD

Bloemfonteinse speurders soek ’n motorwerktuigkundige wat glo ’n kliënt probeer vergiftig het.

’n Man (18) het laat die oggend van 27 Februarie in Barry Richterweg, Fleurdal, gery toe hy ’n motorwerktuigkundige teëgekom het, wat hy net ken as Johannes, sê sers. Mahlomola Kareli, provinsiale polisiewoordvoerder. Die jong man het hom uitgevra oor ’n uitstaande terugbetaling.

“Johannes” het voorgestel dat hulle mekaar om 15:00 ontmoet. Hy het na bewering lekkers uit sy voertuig gehaal en vir die kliënt daarvan aangebied, sê Kareli. Die 18-jarige het een van die lekkers geëet.

“Kort nadat hy weggery het, het die slagoffer hewige maagkrampe en erge pyn begin ervaar. Hy het daarin geslaag om by ’n vriend se huis uit te kom, waar sy toestand vinnig agteruitgegaan het.

Foto: iStock

“Hulle het met hom hospitaal toe gejaag vir noodbehandeling. Medici het bevestig hy het gif ingeneem,” sê Kareli. ’n Klagte van poging tot moord is aanhangig gemaak by die Parkweg-polisie, maar die motorwerktuigkundige is nog nie opgespoor nie.

Die polisie vra enigeen wat die man herken op die foto wat hulle voorsien het, moet na vore kom om hulle in hul ondersoek te help. Bel speursers. Desmond Thokoa by 082 526 2713, Stop Misdaad by 08600 10111 of deel wenke anoniem met die MySAPS-app.

* Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn:066 487 1427.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.