On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Polisie soek hulp om vermiste 22-jarige op te spoor

───   REFILWE BEKANE 12:00 Tue, 17 Mar 2026

Polisie soek hulp om vermiste 22-jarige op te spoor | News Article
Luhle Madlingozi is Vrydag(13/3) omstreeks 11:00 laas by haar woonplek gesien. Foto: SAPD

Bloemfontein se polisie vra dringend inwoners se hulp om ’n jong vrou op te spoor.

Luhle Madlingozi is Vrydag (13/3) omstreeks 11:00 laas gesien by haar woonplek, sê sers. Mahlomola Kareli, Vrystaatse polisiewoordvoerder. Dis onbekend waar sy haar nou bevind, wat haar geliefdes bekommerd maak.

Toe sy laas gesien is, het Madlingozi ’n geel rok met ’n blommepatroon aangehad. Die polisie is besorg oor haar veiligheid en volg alle beskikbare leidrade op om haar welstand en veilige terugkeer te verseker.

Enigiemand met inligting kan speursers. Desmond Thokoa, ondersoekbeampte, by 082 526 2713 bel.

Soektog in Upington-streek

Intussen vra Upington se polisie die publiek se hulp om Johannes Pretorius (56) op te spoor wat Donderdag (12/3) laas op dié dorp gesien is. Die polisie hoop iemand gewaar hom dalk op Upington of in die omgewing.

Johannes Pretorius (56) is laas in Upington gesien. Foto: SAPD

Pretorius word beskryf as ’n skraal bruin man met swart krulhare, ’n swart snor en ’n baard. Hy het bruin oë, praat Afrikaans en hakkel blykbaar.

Niemand weet waar hy hom bevind nie. Die laaste keer toe hy gesien is, het hy ’n rooi baadjie en ’n swart broek aangehad.

Enigiemand met inligting kan speursers. Suzan Nkwadipo van die Upington-speurders by 082 495 4616 of 054 337 3517 belle. In albei dié gevalle kan Stop Misdaad by 08600 10111 gebel word of wenke anoniem deurgegee word op die MySAPS-app.

OFM Nuus dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.