On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Ondersoek ná polisievoertuig omslaan, beskuldigdes ontsnap

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:51 Fri, 20 Mar 2026

Ondersoek ná polisievoertuig omslaan, beskuldigdes ontsnap | News Article
Die slaggat in Welkom waar die ongeluk gebeur het. Foto: Charne van der Merwe

Die Vrystaatse polisie ondersoek ’n ongeluk waarin talle mense beseer is en twee verhoorafwagtendes ontsnap het.

Tshidiso Toolbaart (26) en Katleho Motoane (25) het hul kans waargeneem om spore te maak, maar is binne enkele ure aangekeer. Toolbaart is in Paballong Village in hegtenis geneem, terwyl Motoane op Odendaalsrus gevang is, sê sers. Palesa Thabana, provinsiale polisiewoordvoerder.

’n Polisievoertuig het Donderdag (19/3) omstreeks 16:30 13 mans van Odendaalsrus af vervoer toe dit na bewering ’n slaggat tref naby die verkeersirkel in Almaweg, Welkom.

“Sewe beskuldigdes is met geringe beserings hospitaal toe geneem, terwyl vier ander na die polisieselle terugbesorg is,” sê Thabana. Die bestuurder is ook beseer.


Die polisie sal nadere ondersoek instel om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.

Dit is nie die eerste keer dat voorvalle met die vervoer van gevangenes veiligheidskwessies in Suid-Afrika laat ontstaan nie. SABC News berig ’n polisievoertuig onderweg met gevangenes na ’n hof in Limpopo het in Augustus tussen Mokopane en Mookgophong met ’n vragmotor gebots.

Die polisiebeampte en talle insittendes het hul lewe verloor terwyl ander beseer is.

* Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe sm

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.