Central SA
Liggaam van Upington-vrou in vrieskas gekry─── KEKELETSO MOSEBETSI 12:20 Wed, 01 Apr 2026
Die polisie in die Noord-Kaap het ’n ondersoek begin ná die ontdekking van ’n vrou se liggaam in ’n vrieskas by ’n woning in Upington.
Die liggaam van Carla Engelbrecht (46) is glo Dinsdagmiddag (31/3) omstreeks 16:05 gevind. Volgens die polisie het haar man, Andries, haar vroeër die dag omstreeks 10:00 as vermis aangemeld nadat ’n soektog begin is. Hy het haar later die middag in ’n vrieskas in ’n buitekamer by hul huis ontdek.
Die polisie bevestig alle beskikbare inligting en berigte sal ingesluit word by die ondersoek. ’n Lykskouing sal uitgevoer word om die presiese doodsoorsaak te bepaal, sê Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Litabe.

Onbevestigde berigte lui Engelbrecht is die vorige aand uit ’n intensiewesorgeenheid ontslaan ná ’n beweerde selfdoodpoging. Die polisie wou nie hierop kommentaar lewer nie.
Haar man het haar na bewering Sondagaand, nadat hy vriende gekuier het, by die huis aangetref en onmiddellik hospitaal toe geneem.
Die polisie vra dat mense met inligting hulle kontak. Bel die Upington-speurafdeling by 054 337 3435 of die ondersoekbeampte, Moffat Silingile, by 082 495 4615. Inligting kan ook via die MySAPS-app of die polisie-noodnommer, 08600 10111, gedeel word.
Vermis in die Oos-Vrystaat
Intussen vra die polisie in Bethlehem en Tseseng in die Oos-Vrystaat die publiek se hulp met die opsporing van twee vermiste persone.
Die Bethlehem-polisie is op soek na Mmapuleng Rose Mokoena (59) van Vogelfontein, wat op 10 Maart laas gesien is deur haar familie. Sy is verstandelik gestremd.
Enigiemand met inligting oor haar sy haar bevind kan 082?550?4599 bel, of Stop Misdaad, 08600?10111.
Die polisie is ook op soek na Karabo Moselenyane (17) van die Thabong-gedeelte van die dorp Tseseng in Qwaqwa. Sy word sedert Dinsdag (31/3) vermis nadat sy die huis verlaat het sonder om iemand in te lig en nie weer teruggekeer het nie. Sy was geklee in ’n swart sweetpak, swart rok en blou tekkies.
Enigiemand met inligting kan speurkapt. Khali Radebe by 082?419?7084, of Stop Misdaad bel.
OFM Nuus/ Kekeletso Mosebetsi sm
• Do you have a news tip to share? Call or WhatsApp the OFM News line: 066 487 1427.

