On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Gedenkdiens beplan vir Vryburgse leerders ná botsing

───   KEKELETSO MOSEBETSI 09:24 Tue, 14 Apr 2026

Gedenkdiens beplan vir Vryburgse leerders ná botsing | News Article
Die Hoërskool Vryburg het bevestig nog ’n leerder is oorlede. Foto: Facebook

’n Gedenkdiens word beplan vir die leerders van die Hoërskool Vryburg wat omgekom het in ’n padongeluk.

Vier leerders was Woensdag (8/4) met privaat vervoer vanaf Delareyville onderweg toe hul voertuig sowat 20 km buite Vryburg met ’n vragmotor gebots het. Hulle was op pad skool toe vir die begin van die tweede kwartaal.

Twee leerlinge en die bestuurder is op slag dood, terwyl die ander twee matrieks ernstig beseer is, van wie een Saterdag gesterf het. Die skool het dié leerder se dood op Facebook bevestig. 

“Ons is baie hartseer om nog ’n opdatering met ons skoolgemeenskap te deel na aanleiding van die tragiese motorongeluk vroeër die week,” het die skool Saterdag op Facebook gesê. “Ons bevestig met groot hartseer Enica Nombela, nog een van ons leerders, is vandag oorlede nadat sy sedert Woensdag in die hospitaal was.

Neo Mankwe

“Ons is egter dankbaar die vierde leerder, Neo Mankwe, herstel goed nadat sy ’n operasie in die Milpark-hospitaal in Johannesburg ondergaan het.”

Die skool vra dat die gemeenskap vir die beseerde leerder en almal se naasbestaandes sal bid en hul privaatheid in dié moeilike tyd sal respekteer.

“Ons betuig ons innige meegevoel met die families, vriende en geliefdes wat deur hierdie geweldige verlies geraak word.”


Viola Motsumi, LUR vir onderwys, sê sy was hoopvol Enica sou herstel. “Ek het Woensdag gegaan om haar naasbestaandes by te staan en ons het almal geglo sy sou dit maak. Ongelukkig was dit nie die geval nie; die weë van die Here is nie ons weë nie.

“Ek wil hiermee graag my innige meegevoel betuig met al die bedroefde families en bid die leerder in die hospitaal sal spoedig herstel.” 

Die provinsiale onderwysdepartement betuig ook sy simpatie en wens die betrokke families en die groter skoolgemeenskap sterkte toe tydens dié beproewing.

Die gedenkdiens vir die drie ontslape leerders word vir Dinsdag (14/4) om 12:00 beplan.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi dg

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.