On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Drie leerders op Delareyville begrawe ná padongeluk

───   KEKELETSO MOSEBETSI 09:43 Fri, 17 Apr 2026

Drie leerders op Delareyville begrawe ná padongeluk | News Article
Photo supplied

Naasbestaandes en vriende maak gereed om afskeid te neem van die drie leerders van die Hoërskool Vryburg wat hul lewe in ’n padongeluk verloor het.

Remofiloe Mtshengu, Kitso Mathope en Enica Mambela word Saterdag op Delareyville ter ruste gelê. Hulle het op Woensdag 8 April omgekom in ’n ongeluk onderweg skool toe vanaf hul tuisdorp.

Remofiloe, Kitso endie bestuurder is op slag dood in ’n botsing met ’n vragmotor sowat 20 km van Vryburg af. Enica het Saterdag in die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg aan haar beserings beswyk.

Op ’n gedenkdiens by die skool het Viola Motsumi, LUR vir onderwys, gesê Remofiloe en Kitso se naasbestaandes het ingestem tot ’n gesamentlike begrafnis. Die diens begin om 07:00 in die Tswaing-gemeenskapsaal op Delareyville. Enica se begrafnis vind terselfdertyd plaas in Soutpan, Delareyville.

Motsumi het die provinsiale gesondheidsdepartement bedank vir hulp aan die twee beseerde matrieks, Enica en Neo Mankwe, ná die ongeluk. Een van die oorlewendes het dringende mediese sorg nodig gehad en is oorgeplaas na die Gautengse hospitaal nadat vasgestel het sy is inwendig beseer.

Neo se toestand word intussen steeds dopgehou. Sy sterk goed aan ná ’n operasie in Milpark, bevestig die skool op Facebook.

Ná Enica se dood het die skool geskryf die gemeenskap is se hart is gebreek. “Ons betuig ons innige meegevoel met die families, vriende en geliefdes wat deur hierdie geweldige verlies geraak word. 

“As ’n skool staan ons saam in rou en sal ons voortgaan om alle moontlike ondersteuning te bied gedurende hierdie uiters moeilike tyd.”

Die gemeenskap is versoek om aan die families van die oorledenes en enigste oorlewende te dink en hul privaatheid te respekteer terwyl hulle die tragedie verwerk.

“Kinders is nie veronderstel om dood te gaan nie,” skryf gebruiker MaFaku KaSimilo NoNogadula in reaksie op die skool se inskrywing. “Geen ouers behoort hul kinders te begrawe nie. Dit sny te diep. Selfs nie eens die tyd bring genesing nadat iemand hul kind verloor het nie.”

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi sm

• Have a news tip to share? Phone or whatsapp the OFM News Hotline: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.