On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
Show Background
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Twee mans van Lichtenburg in hof vir veediefstal

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:09 Sun, 19 Apr 2026

Twee mans van Lichtenburg in hof vir veediefstal | News Article
Die gesteelde vee in die motor. Foto verskaf

Twee verdagtes van Noordwes sal na verwagting Maandag (20/4) in die hof verskyn in verband met ’n veediefstal.

Hulle is Vrydag (17/4) in hegtenis geneem nadat hulle in die besit van 60 vee gevind is, sê kapt. Majang Skalkie, provinsiale polisiewoordvoer. “Lede van misdaadintelligensie het op ’n wenk reageer. 

“Die verdagtes was in ’n silwer Hyundai op pad toe hulle deur die polisie voorgekeer is. Vier lewendige bokke is in die voertuig gekry.” Die mans sal in die Lichtenburg-landdroshof verskyn.

Bokke is in dié motor vervoer. Foto verskaf

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die verdagtes moontlik met ander veediefstalsake in die gebied verbind kan word.

Luidens die jongste misdaadsyfers het die aangemelde gevalle van veediefstal in die tweede helfte van 2025 in talle provinsies afgeneem.

In die Noord-Kaap het veediefstalgevalle van 192 in die vorige ses maande tot 161 gedaal en in Noordwes met 19 tot 745.

Vrystaat

’n Beduidende afname in die Vrystaat is aangeteken waar veediefstalgevalle met 114 gedaal het. Die provinsie het 612 gevalle in die laaste ses maande van 2025 aangemeld, wat 117 minder is as die ooreenstemmende tydperk.

Landwyd is ook minder veediefstalle aangemeld. Statistieke van die polisie toon dit het met 429 tot 6 220 gedaal.

Wenke vir boere 

  • Hou alle heinings en hekke in stand om vee te beskerm.
  • Wees veral waaksaam tydens volmaan, oor naweke en aan die einde of begin van elke maand, of gedurende tydperke wat jy uit ondervinding weet wanneer veediefstal plaasvind.
  • Ken jou bure.
  • Tel vee ten minste een keer per week. ’n Deeglike veeregister kan skaars genoeg beklemtoon word.
  • Brandmerk alle vee. Nader jou polisie se veediefstaleenheid vir aansoekvorms om aansoek te doen om brandmerksertifikate by die departement van landbou.
  • Boere word aangeraai om in tegnologie soos kringtelevisiekameras te belê.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.