On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Opgeskorte tronkstraf vir man wat nefie (7) te lyf gaan

───   MORNÉ VAN ROOYEN 14:45 Wed, 22 Apr 2026

Opgeskorte tronkstraf vir man wat nefie (7) te lyf gaan | News Article
Foto ter illustrasie: Dreamstime

In die Noord-Kaap is ’n 21-jarige skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer nadat hy ’n familielid (7) met ’n veiligheidstewel te lyf gegaan het.

Die voorval het in September 2024 plaasgevind in hul ouma se huis, waar die neefs woon. Die 21-jarige is twee jaar tronkstraf opgelê, in geheel opgeskort vir vyf jaar, sê lt.kol. Thabo Litabe, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder. Hy mag ook nie ’n vuurwapen besit nie.

Intussen verwelkom inwoners van Keimoes die tien jaar effektiewe tronkstraf wat ’n 18-jarige se verkragter opgelê is.

Gilroy Jonkers (26) en sy slagoffer het in Februarie verlede jaar huis toe gestap vanaf ’n kuierplek in Lennertsville toe hy haar vra of sy saam met hom huis toe wou kom omdat sy woonplek naby was, vertel Litabe. Sy het nee gesê.

Sers. Jurie Mokgalagadi het albei sake ondersoek. Foto: SAPD

“Die beskuldigde het die verdagte toe gegryp, haar mond met sy een hand bedek en haar na sy huis toe gesleep. Daar gekom, het hy haar klere afgeruk en haar verkrag terwyl sy gesmeek het hy moet ophou.”

Ná die verkragting, vertel Litabe, het die slagoffer self aangetrek en huis toe gehardloop. “Kort nadat sy vort is by die beskuldigde se woonplek, het sy ’n polisievoertuig teëgekom en dadelik die voorval aangemeld.”


Jonkers is kort daarna in hegtenis geneem en aangekla. Die streekhof op Kakamas het hom eindelik skuldig bevind en gevonnis.

In albei gevalle was speurdersers. Jurie Mokgalagadi van Kakamas se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe die ondersoekbeampte. Genl.maj. Monica Sebili, provinsiale polisiekommissaris, loof sy uitstekende werk, wat daartoe gelei het dat reg geskied.

OFM Nuus sm

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 4871427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.