On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Hospitaalskandaal: Beskuldigdes terug in Kimberleyse hof

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 14:06 Wed, 29 Apr 2026

Hospitaalskandaal: Beskuldigdes terug in Kimberleyse hof | News Article
’n Bedrog-en-korrupsiesaak in Kimberley is uitgestel tot 16 Julie. Foto: Charne van der Merwe

Jare lange onbeantwoorde vrae hang steeds oor een van die Noord-Kaap se mees omstrede infrastruktuurprojekte nadat die saak tot 4 September uitgestel is vir verdere voorlopige reëlings.

Die saak, wat wentel om beweerde grootskaalse bedrog, korrupsie en finansiële wanbestuur van R2,1 miljard in die Noord-Kaapse hospitaal vir geestesgesondheid, was Donderdag (23/4) April voor die hooggeregshof vir ’n voorverhoor.

Die verrigtinge is weer vertraag nadat ’n lasbrief vir die inhegtenisneming uitgereik is vir beskuldigde nommer nege, Edward Charles Petzer, maar dit is uitgestel tot die volgende hofdatum, sê ao. Nomthandazo Mnisi, Valke-woordvoerder.

Die saak spruit uit die bou van die instelling, ’n projek wat in 2005 begin het met ’n aanvanklike begroting van R297 miljoen, maar eindelik oor meer as ’n dekade tot meer as R2,1 miljard gegroei het.

Oudpolisieman aangekeer vir beweerde korrupsie in Noord-Kaap | News Article

Alle verdagtes is op borgtog wat wissel tussen R2 000 en R10 000 vrygelaat. Foto verskaf

Die staat beweer onreëlmatige verkrygingsprosesse, onwettige betalings en herhaalde veranderinge in bouaannemers het bygedra tot die stygende koste.

Die beskuldigdes, onder wie voormalige senior staatsamptenare en direkteure van Babereki Consulting Engineers, staan tereg op aanklagte soos bedrog, korrupsie, geldwassery en oortredings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.

Onder hulle is voormalige hoofde van die Noord-Kaapse departement van paaie, vervoer en openbare werke, Motlalepule Elias Selemela en Ruth Palm, wat na bewering sleutelrolle gespeel het in die onreëlmatige toekenning en goedkeuring van kontrakte.

Die Valke het lasbriewe in Kimberley en Kaapstad uitgevoer. Foto verskaf

Selemela het na bewering die tender vir die bouwerk in 2005 onwettig toegeken, sê Mnisi, terwyl Palm betalings, insluitend R36 miljoen, goedgekeur het sonder om behoorlike verkrygingsprosedures te volg.

“Verskeie ouddirekteure van Babereki Consulting word ook daarvan beskuldig dat hulle meer as R51 miljoen van die departement ontvang het, ten spyte daarvan dat hulle na bewering geen geldige kontrak in plek gehad het nie.”

Die saak is keer op keer vertraag vandat die Valke die beskuldigdes in Mei in hegtenis geneem het.

Ses van die beskuldigdes het hulself in Kimberley en Kaapstad oorgegee voordat hulle in die hof verskyn het, waar hulle borgtog van tussen R2 000 en R10 000 toegestaan is.

Enkele dae later, tydens ’n hofverskyning op 2 Junie, is die verrigtinge uitgestel toe een van die beskuldigdes weens siekte nie opgedaag het nie. Die verdediging het sedertdien gesê hulle wil ’n aansoek indien kagtens Artikel 342A van die Strafproseswet waarvolgens die hof kan kyk of vertragings in die verhoor die beskuldigdes benadeel het.

Mnisi sê die skandaal word lank reeds beskou as ’n simbool van wanbestuur. Dit het langer as ’n dekade geduur om die hospitaal te voltooi midde-in berigte van swak vakmanskap, slopings en kontrakteursveranderinge.

John Block, voormalige Noord-Kaapse LUR, wat voorheen skuldig bevind is in ’n aparte korrupsiesaak met Trifecta Holdings, is later weer in hegtenis geneem in verband met die hospitaalprojek.

OFM Nuus/Charne van der Merwe sm

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of Whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.