On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Bejaarde Vrystaatse boer se saak van rol geskrap

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:32 Wed, 06 May 2026

Bejaarde Vrystaatse boer se saak van rol geskrap | News Article
Carl Christian Gutter. Foto: Charne van der Merwe

Dit duur slegs ’n paar uur om deur ’n dossier te werk, en daar is geen verklaring waarom die beslissing in die bejaarde Brandfortse boer Carl Christian Gutter se moordsaak so lank moet sloer nie.

So het landdros Rasheed Matthews hom Dinsdag (5/5) uitgelaat in die plaaslike landdroshof. Die hof is deur die staat versoek om weer uitstel te verleen terwyl gewag word op ’n finale besluit van die NVG in ’n langdurige moordsaak.

Die landdros het egter die versoek van die hand gewys en beslis die saak moet van die rol geskrap word weens herhaalde en onverklaarbare vertragings. 

Die saak is al byna ’n jaar op die hofrol, hangende ’n antwoord van die NVG op vertoë deur die verdediging en ’n versoek dat die aanklagte heroorweeg word.

Bejaarde boer se saak moontlik van rol geskrap sou staat nie besluit neem | News Article

Adv. Allen Simpson (links) en Carl Christian Gutter. Foto: Charne van der Merwe

Gutter staan tereg op ’n tien jaar oue moordklag. Hy het Sonnyboy Segalo na bewering in Augustus 2016 doodgeskiet op sy plaas, Palmietfontein.

Volgens polisieverslae is beamptes na die toneel ontbied ná bewerings van ’n poging om ’n  plaasaanval uit te voer. Hulle het vier verdagtes aangetref wat deur boere en plaaswerkers aangehou word. 

Segalo het met sy gesig na onder gelê met ’n skietwond in sy rug. Hy het later beswyk.

Op die toneel is beslag gelê op twee vuurwapens vir ballistiese toetse. Segalo en drie vermeende medepligtiges is aanvanklik aangekla van poging tot roof, maar die ander is sedertdien vrygespreek.

Met ’n vorige hofverskyning het Gutter die landdros in Sotho meegedeel een van die aanvallers, wat gewapen was, is steeds op vrye voet, en hy vrees vir sy lewe.

Adv. Allen Simpson, Gutter regsverteenwoordiger, sê daar is geen ballistiese getuienis wat sy kliënt met die skietery verbind nie. “My kliënt sal beskikbaar wees indien die staat besluit om weer te vervolg.”

OFM Nuus/Charne van der Merwe cvs

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of Whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.