On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse amptenaar staan tereg op agt aanklagte ná nefies sterf

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:45 Fri, 15 May 2026

Vrystaatse amptenaar staan tereg op agt aanklagte ná nefies sterf  | News Article
Die twee nefies. Foto verskaf

’n Vrystater, wat daarvan beskuldig word dat hy die dood van twee nefies in ’n beweerde tref-en-trap-ongeluk veroorsaak het, staan tereg op agt aanklagte.

Nkosana Ngcokwana, ’n amptenaar van die departement van polisie, paaie en vervoer, het Donderdag (15/5) in die Steynsrus-landdroshof verskyn. Die saak is tot 18 Junie uitgestel vir verdere ondersoek, sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder.

Ngcokwana staan tereg op twee aanklagte van strafbare manslag; twee van versuim om hulp te verleen; twee van versuim om stil te hou ná ’n ongeluk; versuim om die aard en omvang van die beserings wat deur sy motorvoertuig veroorsaak is, vas te stel; en die verwydering van sy motorvoertuig van die toneel na die ongeluk. 

Die twee seuns, Mahlomola Mofokeng (6) en Lehlohonolo Molete (6) van die township Matlwangtlwang op Steynsrus, is op 4 Februarie helder oordag dood. Die graadeentjies van die Primêre Skool Tharollo was op pad huis toe van die skool af toe hulle deur ’n voertuig getref is. ’n Gesamentlike gedenkdiens is op 14 Februarie gehou.

Boy Saaiman, Moqhaka-VF Plus-raadslid, het vroeër gesê hy het kort nadat hy werkers in Matlwangtlwang afgelaai het, op die toneel aangekom het. Hy het ’n skare opgemerk wat saamdrom en is van die tragedie in kennis gestel.

‘Vergeet van sy titel, hy moet regverdig verhoor word’ – Klerksdorp-naasbestaandes | News Article

Dié vier jong mense het in ’n ongeluk gesterf. Foto’s verskaf

“Die krag van die botsing het die seuns in ’n waterkanaal langs die pad gegooi, en hul liggame moes uit die water gehaal word. Albei kinders is op slag dood."

Nóg ’n man wat daarvan beskuldig word dat hy ná ’n noodlottige ongelukstoneel gevlug het waarin vier jong mense gesterf het, moet op 29 Mei weer in die Klerksdorp-streekshof verskyn.

Edward Letsie (34) se saak is Woensdag (14/5) nogmaals uitgestel nadat sy regsverteenwoordiger vir die tweede keer nie in die hof opgedaag het nie. Op 11 Maart het Letsie self om uitstel gevra, maar tydens sy jongste verskyning het hy aan die hof gesê hy weet nie waar sy regsverteenwoordiger is nie.

Letsie staan tereg op vier aanklagte van strafbare manslag ná die dood van Ruan Esterhuizen (21), sy meisie Jackie Willis (21), sy beste vriend Max Knott-Craig (22), en Jané Janse van Rensburg (19).

Die vier vriende was op 13 Oktober 2024 omstreeks 19:00 op pad huis toe vanaf die Matlosana Mall in Plataanlaan toe hul voertuig deur ’n Mercedes-Benz getref is wat glo in die teenoorgestelde rigting gery het. Esterhuizen, Willis en Janse van Rensburg is op die toneel dood, terwyl Knott-Craig later in die hospitaal aan sy beserings beswyk het.

Die bestuurder van die Mercedes-Benz na bewering van die toneel gevlug, maar hom twee dae later aan die polisie oorgegee, het kol. Adéle Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder, voorheen gesê. Die saak het op 22 April vir die eerste keer in die streekhof voorgekom nadat dit van die verkeershof oorgeplaas is.

OFM Nuus/Charne van der Merwe sm

Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 4871427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.