On Now
Weekends 09:00 - 13:00
The Central SA Top 40 Laurika
Show Background
NEXT: 13:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Yvette
Listen Live Streams

Central SA

Jong Vrystater sterf in stroperongeluk

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:57 Sat, 11 Jul 2026

Jong Vrystater sterf in stroperongeluk | News Article
Riano Marries het vermoedelik van ’n stroper afgegly. Foto ter illustrasie, iStock

Geen misdaad word vermoed nadat ’n Vrystaatse man in ’n stroperongeluk oorlede is nie. Hy het op die plaas gebly en gewerk.

Riano Marries (18), is Dinsdag (8/7) op die plaas Allemansdrift naby Gariepdam in die Vrystaat dood. Hy het in die lemme van ’n stroper beland, sê sers. Sinah Mpakane, provinsiale polisiewoordvoerder.

Die polisie is omstreeks 12:30 in kennis gestel van ’n man wat op ’n plaas beseer is. “Marries het vermoedelik van die stroper afgegly en in die masjien se lemme beland voordat hy in die mielie-opvangbak ingesuig is,” sê Mpakane.

Die bestuurder van die stroper het aan die polisie gesê hy het gevoel hoe die masjien “verstop”. Toe hy omkyk, het hy onmiddellik besef wat gebeur het. Hy het die stroper dadelik gestop en die beseerde man uit die masjien gehaal.

Die nooddienste is ontbied, maar Marries is op die toneel dood verklaar.

“Die ondersoek is nog in ’n vroeë stadium en getuies se verklarings moet ook nog ondersoek word,” sê Mpakane. Die polisie in Gariepdam het met ’n geregtelike doodsondersoek begin.

Veiligheidsprosedures

Volgens die Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid moet werkgewers en gebruikers van masjinerie voorsorgmaatreëls tref om werkers teen gevaarlike bewegende onderdele te beskerm. 

Landboumasjinerie soos stropers bevat kragtige bewegende onderdele wat ernstige of noodlottige beserings kan veroorsaak indien veiligheidsprosedures nie streng nagekom word nie. 

Die wet vereis ook gevaarlike onderdele van masjinerie moet, indien moontlik, behoorlik beveilig word om die risiko van beserings te verminder. Werkgewers moet toesien werknemers word opgelei om met gevaarlike toerusting te werk. 

OFM Nuus dg

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.