On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

Soektog na vermiste man van Kimberley eindig tragies

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:13 Sun, 12 Jul 2026

Soektog na vermiste man van Kimberley eindig tragies | News Article
Bernard Gerber van Kimberley. Foto verskaf

“Hy het glo vjr sy vrou gesê hy is op pad na Douglas, maar het nooit daar aangekom nie.”

Die polisie in Kimberley se eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad het met ’n geregtelike doodsondersoek begin nadat Bernard Gerber (45) se liggaam Saterdag (11/7) gevind is. Hy was sedert Woensdag vermis, sê ao. Molefi Shemane, provinsiale polisiewoordvoerder.

Sy liggaam is omstreeks 11:30 by sy huis in Royldene ontdek. “Die omstandighede rondom sy dood word nog ondersoek. 

Enigiemand met meer inligting kan ao. Kelaegile Mosala, ondersoekbeampte, by 082 302 0407 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel. Anonieme wenke kan ook met ’n slimfoon na die MySAPS-app gestuur word. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Geen wagtydperk

Daar is geen wagtydperk om ’n persoon as vermis aan te meld nie.Vroeë aanmelding verbeter die kanse op ’n suksesvolle uitkoms.

  • Indien moontlik verskaf ’n onlangse foto van die vermiste persoon.
  • Gee ’n volledige beskrywing van waar die vermiste persoon woon, die klere wat hy/sy aangehad het, asook enige inligting wat die ondersoekbeampte kan help.
  • Vul die polisie se 55(A)-vorm in en onderteken dit. Hierdie vorm magtig hulle om die foto en inligting van die vermiste persoon te versprei.
  • Kry die ondersoekbeampte se kontakbesonderhede en stuur enige bykomende inligting direk aan hom of haar.
  • As ’n vermiste persoon gevind word of vrywillig terugkeer, stel die ondersoekbeampte onmiddellik in kennis.
  • Die polisie se 92-vorm moet ingevul word om die buro vir vermiste persone in kennis te stel sodat die vermiste persoon se naam uit die verspreidingstelsel gehaal kan word.

OFM Nuus dg

 * Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn:066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.