On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Gewapende, gevaarlike Bloem-verdagte steeds op vrye voet

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:36 Thu, 23 Jul 2026

Gewapende, gevaarlike Bloem-verdagte steeds op vrye voet | News Article
Vuyani Cassius Ngcamane. Foto verskaf

Die Vrystaatse polisie is op die spoor van ’n gewapende en gevaarlike verdagte wat met verskeie ernstige misdade in Bloemfontein verbind word.

Vuyani Cassius Ngcamane (35) word gesoek in verband met beweerde motordiefstal, huisroof en twee aanklagte van poging tot moord. Die polisie doen ’n dringende beroep op die publiek om te help om die verdagte op te spoor, maar waarsku dat hy onder geen omstandighede gekonfronteer moet word nie aangesien hy as gevaarlik beskou word, sê sers. Sinah Mpakane, provinsiale polisiewoordvoerder.

“ ’n Lasbrief vir die verdagte se inhegtenisneming is uitgereik in verband met die beweerde diefstal van ’n motorvoertuig," sê Mpakane.

Die saak is by die Parkweg-polisiekantoor geregistreer. Die verdagte word ook verbind met ’n huisroof en twee aanklagte van poging tot moord wat deur die Kopanong-polisie ondersoek word.

Enigiemand met inligting oor waar hy hom bevind, word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Lereko Koetle, by 067 929 1714 of lt.kol. Sias Smit by 063 692 1196 te bel. Inligting kan ook anoniem aan Stop Misdaad by 08600 10111 of via die MySAPS-toep deurgegee word.

Vier gesoek nà rooftog

In ’n afsonderlike voorval doen die Vrystaatse polisie ook ’n dringende beroep op die publiek om vier mans te help identifiseer wat moontlik met ’n ondersoek na ’n gewapende rooftog in Welkom kan help, sê lt.kol. Thabo Covane, provinsiale polisiewoordvoerder.


Die rooftog het Woensdagoggend (22/7) by ’n kleinhandelaar op die hoek van Bok- en Muizenstraat plaasgevind toe ’n verdagte na bewering ’n winkelbestuurder gedreig en haar gedwing het om geld uit ’n kasregister te oorhandig.

Hy het daarna met ’n onbekende bedrag geld gevlug. Niemand is tydens die voorval beseer nie. Foto’s van die vier mans, wat uit kringtelevisiebeeldmateriaal verkry is, is uitgereik in die hoop dat die publiek hulle kan help identifiseer.

Vrystaatse polisie vra publiek se hulp ná gewapende rooftog in Welkom | News Article

Die vier verdagte mans. Foto verskaf

Enigiemand wat die mans op die foto’s herken of enige inligting oor die voorval het, word versoek om speursers. Mogeseng Thuroe by 069 197 2252 te bel. Inligting kan ook anoniem aan Stop Misdaad by 08600 10111 of via die MySAPS-toep deurgegee word.

OFM Nuus sm

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.