Central SA
Ondersteun ENGO hierdie Omgie-maand─── 09:48 Wed, 12 Aug 2026
Sponsored09:48 Wed, 12 Aug 2026
ENGO se geliefde gelukbringer, Omgie, herinner luisteraars jaarliks daaraan dat een klein daad van omgee 'n groot verskil kan maak. Met Oktober en Omgie-maand wat vinnig nader kom, is dit tyd om uit te vind wat ENGO vir 2026 beplan.
Engo bied vanjaar vir die sesde jaar ‘n Omgie Sivviedag op 30 Oktober 2026 aan, met OFM en
Bloemfontein Courant as die mediaborge van die projek. Hierdie spesiale dag gee aan die publiek,
skole en besighede die geleentheid om Engo in die Vrystaat te ondersteun en ‘n verskil te maak in die
lewens van behoeftige kinders, bejaardes, gesinne in nood, pasiënte in hospitale en persone met
gestremdhede.
Engo bedien jaarliks meer as 200 000 behoeftige mense in die Vrystaat en is die grootste
geregistreerde Nie-winsgewende organisasie van sy soort in die Vrystaat.
Vanjaar se Tema is “Jou Avontuur” en die publiek, besighede en kinders word aangemoedig om braaf
genoeg te wees om ‘n verskil te maak in die gemeenskap waar hulle bly, leer en werk.
Jy kan betrokke raak deur ‘n plakker aan te koop vir slegs R20 per volwassene of R10 per kind by enige
van Engo se deelnemende sentrums, huise en kantore in die Vrystaat. Besighede kan ook ‘n
onvoorwaardelike donasie maak van ten minste R1500 en so hulle deelname bevestig. Besighede wat
hierdie onvoorwaardelike donasie maak, kwalifiseer vir ‘n Artikel 18 A sertifikaat wat vir
belastingdoeleindes gebruik kan word.
Op 30 Oktober kan almal volgens hulle gunsteling avontuur aantrek, foto’s op sosiale media deel en
Engo Vrystaat “tag” – ‘n lekker pret-dag ten bate van liefdadigheid!
Vanjaar is daar ook ‘n spesiale Omgie-blad op die Engo-webblad, waar e-plakkers aangekoop
kan word, of waar onvoorwaardelike donasies aan Engo gemaak kan word deur besighede of
individue. Daar is ook oulike Omgie items wat aangekoop kan word, en videos van Omgie met
spesiale boodskappe oor temas soos Omgee vir ander, Mandela dag, Kinderregte, hoe om
emosies te hanteer en “uniek-wees” - ideaal vir peuters en kleuters tot en met Laerskool.
Besoek https://engo.co.za/omgie-dag/ en maak ‘n verskil!
Skole kan Omgie ook uitnooi om die skool te besoek enige dag van die kwartaal en Omgiedag
dan te vier. Videos op die webblad kan gratis in saalperiodes of Lewensoriëntering klasse gebruik
word.
Die fondse wat tydens die projek ingesamel word, sal verdeel word tussen ons 32 Kinder- en
Jeugsorgsentrums (Kinderhuise), 10 Gesinsorgkantore, 20 Bejaardesorgsentrums, ‘n
Aannemingskantoor, Hospitaalsorgdienste en een Gestremdesorgsentrum in die Vrystaat.
Vir enige verdere navrae of om Omgie te bespreek vir ‘n besoek aan jou skool of besigheid,
kontak gerus die bemarkingskantoor by 060 548 5543 of stuur ‘n epos info@engo.co.za.

