On Now
Weekends 09:00 - 13:00
The Central SA Top 40 Laurika
Show Background
NEXT: 13:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Die Lekker Span
Listen Live Streams

Central SA

Nuwe AfriForum-buurtspan maak groot verskil in Noord-Kaap

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:46 Sat, 15 Aug 2026

Nuwe AfriForum-buurtspan maak groot verskil in Noord-Kaap | News Article
Die nuwe bestuurspan bestaan uit slegs twee mense. Foto verskaf

Die inwoners kan reeds die eerste resultate sien van ’n nuwe buurtspan wat fokus op die opruiming en instandhouding van plaaslike gemeenskappe.

Binne slegs twee weke het die nuwe AfriForum-buurtspan in Kuruman en Kathu reeds ’n aansienlike hoeveelheid vullis verwyder en honderde kilometer afgelê om probleme op die grond aan te pak. Die span wat uit slegs twee werkers bestaan, het binne die eerste twee weke sedert sy stigting 17,6 t vullis in dié twee dorpe opgeruim.

“Die span het in dié tyd 450 km afgelê en altesaam 160 persoon-ure gewerk om die Kuruman-Kathu-omgewing op te ruim,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder in die Noord-Kaap,

Dié buurtspan is gestig om, waar moontlik, praktiese ondersteuning aan die gemeenskap te bied deur sigbare probleme aan te pak.

Die Kuruman-Kathu-buurtspan wil die dorpe opknap. Foto verskaf

“Die buurtspan pak op ’n deurlopende basis opknapping, opruiming- en instandhoudingstake aan, want AfriForum praat nie net oor probleme – ons skep praktiese oplossings. Die resultate van die eerste twee weke wys selfs ’n klein span kan ’n groot verskil maak wanneer mense moue oprol en self verantwoordelikheid neem,” sê sy.

Die buurtspan gaan intussen voort met sy werk in die Kuruman-Kathu-gebied. AfriForum moedig inwoners aan om ook betrokke te raak en saam te werk om hul gemeenskap skoon, veilig en funksioneel te hou.


Inwoners in die Noord-Kaap ervaar toenemende uitdagings met vullisbestuur, met slegs 8% van die provinsie se geouditeerde vullisterreine wat vanjaar aan die mees basiese vereistes voldoen het. Teen dié agtergrond wys ’n nuwe gemeenskapsinisiatief praktiese optrede kan wel ’n verskil maak.

Volgens AfriForum se jaarlikse vullisterreinoudit aan die einde van 2025 het die Noord-Kaap ’n gemiddelde nakomingspunt van slegs 13% behaal, terwyl 72% van die geouditeerde terreine nie eens ’n nakomingspunt van 10% kon behaal nie. Die resultate plaas die provinsie onder ernstige druk wat vullisbestuur en die moontlike besoedeling van lug, grond en water betref.

OFM Nuus

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.