On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

Man in Welkom vermoor, vrou gewond

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:28 Sun, 16 Aug 2026

Man in Welkom vermoor, vrou gewond | News Article
’n Egpaar van Welkom in in hul huis aangeval. Foto ter illustrasie: iStock

Die polisie vra die publiek se hulp nadat ’n man vermoor en sy vrou gewond is in ’n skietery in die Vrystaat.

Die aanval het Vrydag (14/8) in die Reahola-kompleks in Bedelia, Welkom, plaasgevind. “Die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord,” sê sers. Palesa Thabana, provinsiale polisiewoordvoerder.

Die polisiebeamptes is omstreeks 18:47 na die toneel ontbied. Met hul aankoms het hulle ’n man (53) op die vloer aangetref met verskeie skietwonde.Die vrou (46) is in haar bobeen geskiet en na die hospitaal geneem. Die man het na bewering buite sy huis gestaan toe die skote afgevuur is. Sy vrou het skote gehoor en hy het die huis binnegehardloop. 

Thabana sê ’n onbekende man het hom na bewering die huis binne gevolg en verskeie skote in sy rigting afgevuur. Die verdagte het ook die vrou geskiet voordat hy gevlug het.

“Die motief vir die aanval is nog onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Enigeen met meer inligting kan speursers. Modupe Thekiso van die Welkom-eenheid vir ernstige en geweldsmisdade by 060 985 9330 bel of Stop Misdaad by 08600 10111. Anonieme wenke kan ook met ’n slimfoon na die MySAPS-app gestuur word. Alle inligting sal vertroulik hanteer word. Die ondersoek duur voort.

OFM Nuus dg

 * Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427. 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.