On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
Show Background
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Drie mans in Noord-Kaap vir veediefstal aangekeer

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:53 Sun, 16 Aug 2026

Drie mans in Noord-Kaap vir veediefstal aangekeer | News Article
Die geslagte skape wat gevind is. Foto verskaf

Hulle sal na verwagting binnekort in die hof verskyn nadat hulle glo met gesteelde vee ter waarde van sowat R38 800 in hul besit betrap is.

Die mans is Vrydag (14/8) in hegtenis geneem. Die skape is glo die vorige aand op ’n plaas naby Van Zylsrus gesteel, sê ao. Molefi Shemane, provinsiale polisiewoordvoerder.

Die Kuruman-eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies het inligting van die Van Zylsrus-polisie ontvang oor die beweerde diefstal van die 25 skape. Besonderhede oor die voertuig wat glo in die misdaad gebruik is, is aan die eenheid deurgegee. Hulle was glo op pad na Kuruman.

Hulle het later ’n bakkie met ’n sleepwa opgemerk wat aan die beskrywing voldoen het en dit voorgekeer. “Vier mans was in die voertuig, asook ’n skaap wat met nette bedek was,” sê Shemane.

Olifantshoek

Drie van die insittendes het glo probeer vlug, maar een van die verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem. Die ondersoek het die polisie na ’n abattoir in Olifantshoek gelei waar 24 skape reeds geslag is.

Al 25 skape met ’n geskatte waarde van R38 800 is teruggevind. Die bestuurder (61) van die voertuig en nog ’n man (33) is in hegtenis geneem. Die derde man (35) is later by Van Zylsrus aangekeer.Die vierde verdagte is nog op vrye voet. Die polisie het op die bakkie en sleepwa beslag gelê. 

Brig. Kenneth Baloyi, waarnemende distriksbevelvoerder van die John Taolo Gaetsewe-distrik, het die polisie geloof vir hul vinnige optrede. 

“Die bekamping van veediefstal sal steeds ’n prioriteit in die distrik bly. Pogings sal verskerp word om diegene wat by veediefstal betrokke is, aan te keer.”

OFM Nuus dg

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.