On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Soektog na vermiste Wolmaransstad-man steeds vrugteloos

───   12:32 Tue, 22 Sep 2026

Soektog na vermiste Wolmaransstad-man steeds vrugteloos | News Article
Lucas Johannes Kruger is laas op Donderdag 30 April deur sy lewensmaat gesien. Foto verskaf

Die soektog duur voort na ’n 60-jarige van Wolmaransstad wat byna vyf maande gelede vermis geraak het.

Lucas Johannes Kruger is laas op Donderdag 30 April deur sy lewensmaat gesien. Hy het dié oggend na Klerksdorp vertrek, maar nooit teruggekeer huis toe nie. Die polisie het sedertdien uitgebreide soektogte op Wolmaransstad en in omliggende gebiede onderneem, maar tot dusver sonder sukses.

Kruger het ten tyde van sy verdwyning ’n swart broek, geruite hemp en swart baadjie gedra. Hy het ’n ligte gelaatskleur, is lank en skraal gebou, en het lang grys hare en ’n grys snor.

Polisiewoordvoerder sers. Kelebogile Morake vra dat enigiemand wat Kruger sedert sy verdwyning gesien het, of inligting oor sy moontlike verblyfplek het, na vore kom.


Inligting kan aan die ondersoekbeampte, sersant Phuthulogang Maine, by 078 3955 022 verskaf word. Lede van die publiek kan ook hul naaste polisiekantoor of Crime Stop by 08600 10111 nader. Anonieme wenke kan deur die MySAPS-toepassing gestuur word.

Die publiek word intussen daaraan herinner dat daar geen wagtydperk is voordat iemand as vermis aangemeld kan word nie. Hoe vroeër die polisie in kennis gestel word, hoe gouer kan ’n soektog en ondersoek begin.

Naasbestaandes kan die proses bespoedig deur ’n onlangse foto en ’n volledige beskrywing van die vermiste persoon beskikbaar te stel. 

Besonderhede oor hul woonplek, klere, voertuig, roetine en enige ander relevante inligting kan ondersoekers help om moontlike leidrade vinniger op te volg.

Wanneer ’n vermiste persoon aangemeld word, word ’n 55(A)-vorm voltooi. Dit gee die polisie toestemming om die persoon se foto en besonderhede te versprei.

Indien die vermiste persoon gevind word of self terugkeer, moet die ondersoekbeampte onmiddellik daarvan verwittig word. ’n 92-vorm word dan voltooi sodat die saak uit die polisie se verspreidingstelsel vir vermiste persone verwyder kan word.

OFM Nuus cvs

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.