On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Vrou van Noordwes byna twee jaar vermis

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 10:40 Thu, 24 Sep 2026

Vrou van Noordwes byna twee jaar vermis  | News Article
Mantsane Letlaka. Foto: SAPD

Die Noordwes-polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om te help met die opsporing van ’n vrou wat al meer as 18 maande vermis word.

Mantsane Letlaka (22) van Jouberton in Klerksdorp is laas op 9 Januarie 2025 deur haar ma gesien toe sy saam met ’n vriendin die huis verlaat het. Daar is met ’n soektog kort ná haar verdwyning begin, maar dit het tot dusver geen positiewe resultate opgelewer nie, sê sersant Kelebogile Morake, provinsiale polisiewoordvoerder.


Dit is nie bekend wat sy aangehad het toe sy verdwyn het nie. Letlaka is ongeveer 1,6 m lank en medium gebou. 

Enigiemand met inligting oor waar sy haar moontlik bevind kan konst. Donovan Craucamp, ondersoekbeampte, by 084 201 3500 of 018 465 9342 bel of Stop Misdaad by 08600 10111. Anonieme wenke kan ook deur die MySAPS-app gestuur word. 

Geen wagtydperk

Die publiek word herinner daar is geen wagtydperk voordat iemand as vermis aangemeld kan word nie. Hoe vroeër die polisie in kennis gestel word, hoe gouer kan ’n soektog en ondersoek begin.

Naasbestaandes kan die proses bespoedig deur ’n onlangse foto en ’n volledige beskrywing van die vermiste persoon beskikbaar te stel.  Besonderhede oor hul woonplek, klere, voertuig, roetine en enige ander relevante inligting kan die polisie help om moontlike leidrade vinniger op te volg.

Wanneer n vermiste persoon aangemeld word, word ’n 55(A)-vorm voltooi. Dit gee die polisie toestemming om die persoon se foto en besonderhede te versprei. Indien die vermiste persoon gevind word of self terugkeer, moet die ondersoekbeampte onmiddellik daarvan verwittig word. ’n 92-vorm word dan voltooi sodat die saak uit die stelsel gehaal kan word.  

OFM Nuus dg

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsApp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427.

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.