On Now
Weekends 09:00 - 13:00
The Central SA Top 40 Pulane
Show Background
NEXT: 13:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse polisie soek ma nadat pasgebore baba gevind is

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 07:53 Sat, 26 Sep 2026

Vrystaatse polisie soek ma nadat pasgebore baba gevind is | News Article
’n Pasgebore baba is by ’n woning op Zastron gevind. Foto ter illustrasie: iStock

Die polisie vra die gemeenskap om te help omdat die baba verlate aangetref is.

Die babaseun is Vrydag (25/9) by ’n woning in Georgestraat op Zastron gevind nadat ’n inwoner hom ontdek het. “Die polisie is omstreeks 07:05 oor die baba ingelig,” sê sers. Sinah Mpakane, provinsiale polisiewoorder.

“Die huiseienaar, Malitaba Jansen, het tussen 06:00 en 06:30 ’n gehuil in haar erf gehoor. Sy het ondersoek ingestel en die seuntjie voor die deur van die buitegebou aangetref. Hy is vermoedelik slegs ’n paar dae oud, was in ’n wit kombers toegedraai en het ’n blou mus aangehad."

In ’n brief wat op die toneel gevind is, sê die ma sy kan nie na die kind omsien nie. Nooddienste is ontbied en die baba is na die Embekweni-hospitaal geneem. Mpakane sê die baba se toestand is stabiel. 

Publiek

Die polisie sê enigiemand met inligting kan die Zastron-stasiebevelvoerder by 082 467 6284 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel. Anonieme wenke kan ook deur die MySAPS-app gestuur word. 

Wat om te doen wanneer jy nie jou kind kan of wil hou nie: 

  • ’n Maatskaplike werker kan jou help om die kind in pleegsorg- of aannemingsprogramme te plaas.

  • Suid-Afrika het verskeie babatoevlugsoorde, polisiekantore, kerke en kinder- en jeugsorgsentrums waar jy om hulp kan aanklop.

“Enigiemand wat ’n kind ná geboorte verlaat kan strafregtelik in Suid-Afrika vervolg word,” sê Awareness for Child Trafficking Africa. 

OFM Nuus dg

•Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.