On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Aanrandingsaak gaan voort na onsuksesvolle bemiddeling

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:56 Thu, 01 Oct 2026

Aanrandingsaak gaan voort na onsuksesvolle bemiddeling | News Article
Jacques Botes en Dumile Dukani. Foto’s: Charne van der Merwe

’n Aanrandingsaak is tot later vandeesmaand uitgestel nadat ’n poging tot bemiddeling tussen die partye onsuksesvol was.

Jacques Botes (25) het Donderdag (1/10) in die Bloemfonteinse landdroshof voorgekom. Hy staan tereg op ’n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Die saak is tot 23 Oktober vir pleit- en verhoordoeleindes uitgestel. Die hof het ook gehoor Adriaan Janse van Rensburg gaan Botes verteenwoordig.  

Drankwinkel-aanrandingsaak: Verhoor begin moontlik binnekort | News Article

Jacques Botes. Foto: Charne van der Merwe

Die saak spruit uit ’n voorval op 18 April by ’n drankwinkel in Wilgehof. Die staat beweer Botes het Dumile Dukani onregmatig aangerand deur hom op die grond te stoot en te skop, met die opset om hom ernstig te beseer. Botes ontken die bewerings. 

Hy het voorheen aan OFM Nuus gesê die voorval het plaasgevind by die drankwinkel waar hy werk en dat Dukani gereeld probleme by die onderneming veroorsaak. Dukani het glo gereeld dronk by die winkel opgedaag, werknemers gevloek, drank geëis en dreigemente gemaak wanneer hy nie verder gehelp is nie. 

Botes beweer Dukani het op die dag van die voorval weer die winkel binnegekom en ’n vrouewerknemer gedreig, waarna hy ingegryp het om haar te beskerm. 

Hy het glo na die voorval aangebied om Dukani te help en vir hom iets gegee om die bloed af te vee, maar Dukani het glo die hulp geweier. Die saak is voorheen uitgestel vir die voortsetting van die voorverhoor sodat die staat die volledige J88-verslag kon bekom. Die J88 is ’n mediese verslagvorm wat in strafsake gebruik word.

OFM Nuus/Charnevan der Merwe sm

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427. 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.