On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Central SA

Man van Noord-Kaap gevonnis ná dood van voormalige regter

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 08:37 Sun, 08 Nov 2026

Man van Noord-Kaap gevonnis ná dood van voormalige regter | News Article
Yvonne Mokgoro. Foto: Facebook

'n Man wat betrokke was is 'n botsing wat uiteindelik die lewe van 'n voormalige regter van die Konstitusionele Hof geëis het, is aan strafbare manslag skuldig bevind.

David Gaolatlhwe Mmelesi (68) is in die Kimberley-streekhof gevonnis vir die dood van sy lewensmaat, die afgetrede regter Yvonne Mokgoro (74). “Hy is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie in dié tydperk aan ’n soortgelyke misdryf skuldig bevind word nie, sê Mojalefa Senokoatsane, NVG woordvoerder.

Die ongeluk het op 3 April 2023 tussen Warrenton en Kimberley plaasgevind. Mmelesi het die voertuig bestuur en Mokgoro was die passasier. Sy is in Mei 2024 dood weens verskeie gesondheidskomplikasies wat sy in die ongeluk opgedoen het. Tebogo Benjamin Namisa, staatsaanklaer, het onder meer getuienis aangebied van dié vragmotorbestuurder wat in die botsing betrokke was.

Yvonne Mokgoro jare gelede in die hof. Foto: Avusa

Mmelesi se voertuig het langs die pad stilgestaan sonder dat die noodligte aangeskakel was. Hy het glo ook nie sy flikkerligte gebruik voordat hy ’n U-draai gemaak het nie. “Die staat het daarin geslaag om te bewys dat Mmelesi se nalatige bestuur die botsing veroorsaak het en uiteindelik tot Mokgoro se dood gelei het.” 

Matshidiso Maubane, hofvoorbereidingsbeampte, het ’n slagofferimpakverklaring saamgestel. Die oorledene se oudste seun, Ithateng Mokgoro, het die verklaring in die hof voorgelees.

Die verklaring het die enorme verlies en emosionele impak van haar afsterwe uiteengesit. Die familie beskryf Mokgoro as ’n lewenslustige en deernisvolle mens wat met alle mense oor die weg gekom het.

Haar dood laat ’n groot leemte in haar kinders, kleinkinders, broers en susters se lewe. Sy het ná haar aftrede steeds aktief gebly by maatskaplike kwessies in haar gemeenskap. 


Haar dood het ook emosionele, mediese en finansiële gevolge vir die familie gehad, want haar mediese uitgawes het sowat R3 miljoen beloop en die regskoste meer as R600 000. Hulle sê hy het geen berou betoon nie en die hof versoek om hom tronk toe te stuur.

Hulle sê hy het geen berou betoon nie en die hof versoek om hom tronk toe te stuur. Die hof het egter ook Mmelesi se persoonlike omstandighede in ag geneem. Hy is ’n eerste oortreder met ’n volwasse kind wat finansieel van hom afhanklik is. 

OFM Nuus dg

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.