On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse paartjie gesoek ná hulle nie by hof opdaag

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:05 Tue, 10 Nov 2026

Vrystaatse paartjie gesoek ná hulle nie by hof opdaag | News Article
Neo Kenneth Moselane en Keamogetsoe Chantel Moselane. Foto verskaf

Die Vrystaatse polisie vra die publiek se hulp om ’n paartjie op te spoor wat moontlik met ’n ondersoek kan help.

Die ondersoek hou verband met ’n saak van minagting van die hof nadat Neo Kenneth Moselane en Keamogetsoe Chantel Moselane na bewering versuim het om op 20 Mei in die Bloemfonteinse landdroshof te verskyn. Die polisie kon hulle nie by hul laaste bekende woonadres opspoor nie, sê kapt. Loraine Earle, provinsiale polisiewoordvoerder.

Die paartjie asook enigiemand met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Nqu Tabane, by 082 043 9522 te nader of Stop Misdaad by 08600 10111. Anonieme wenke kan ook deur die MySaps-app gestuur word.

Wat gebeur as jy nie in die hof opdaag nie?

Om nie op die vasgestelde datum en tyd by die hof op te daag nie, kan ernstige regsgevolge hê. 

Kragtens die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, kan ’n lasbrief vir jou inhegtenisneming uitgereik word indien jy versuim om sonder ’n geldige rede in die hof te verskyn. 

Indien jy op borgtog vrygelaat is, kan jou borgtog voorlopig gekanselleer en die borggeld aan die staat verbeurd verklaar word.

Artikel 55 en artikel 170 van die Strafproseswet maak voorsiening daarvoor dat iemand wat versuim om in die hof te verskyn, onder sekere omstandighede skuldig bevind en tot ’n boete of gevangenisstraf van hoogstens drie maande gevonnis kan word.

Dit is egter belangrik om te onderskei tussen die versuim om in die hof te verskyn en minagting van die hof. 

Laasgenoemde behels die minagting van die hof se gesag of die opsetlike versuim om ’n hofbevel na te kom.

OFM Nuus cvs

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427. 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.