On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Inspiration

Breinchirurgie was nie deel van Game of Thrones-akteur se plan

───   14:14 Tue, 11 Oct 2022

Breinchirurgie was nie deel van Game of Thrones-akteur se plan | News Article
FOTO: Rebecca Jones BBC News

Emilia Clarke moes die tweede seisoen van Game of Thrones verfilm. Breinchirurgie was nie deel van die plan nie.

Bekende akteur Emilia Clarke verduidelik dat dit die begin van 2011 was, net toe sy met die verfilming van die eerste seisoen van “Game of Thrones”, ’n reeks gebaseer op George R.R. Martin se “A Song of Ice and Fire” klaargemaak het, dat die ongeluk haar getref het.

Die New Yorker berig sy het die oggend van 11 Februarie ’n erge hoofpyn gevoel toe sy in die kleedkamer van ’n gymnasium aangetrek het. 

Clarke was moeg en het gevoel asof ’n rekkie deur haar brein skiet terwyl sy in ’n plankposisie (planking) was.


Die pyn kon nie geïgnoreer word nie, en sy het gevra om ’n breek te neem. Sy kon egter nie na haar kassie toe stap nie en toe sy by die toilet uitkom, was sy baie siek. Die steekpyn het ook erger geword en sy het gevoel dat iets nie heeltemal reg met haar brein was nie.

’n Vrou in die aangrensende toilethokkie het Clarke gevra of sy oukei was. Sy was egter nie en die vrou het haar in die herstelposisie geplaas terwyl sy hulp ontbied het.

By die hospitaal het die dokter ’n MRI-breinskandering gedoen waar subarachnoidale bloeding (SAH), ’n lewensgevaarlike tipe beroerte, wat veroorsaak word deur bloeding in die spasie rondom die brein, diagnoseer is.

Emilia het ’n aneurisme gehad, wat ’n breuk in die slagaar is, en ook uitgevind dat ’n derde van SAH –pasiënte onmiddellik, of kort daarna, sterf. 

Haar kanse om oorlewing is getoets omdat sy ’n tweede operasie moes ondergaan toe die dokter ook ’n gat in haar brein gekry het.

Clarke het goed gereageer en het selfs vinniger herstel as verwag. 

Sy het sedertdien besluit om liefdadigheidswerk te doen. Die organisasie SameYou bied ondersteuning en behandeling aan mense wat herstel van beroerte en breinbeserings. 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.