Inspiration
Padveiligheidswenke─── 05:00 Sat, 31 Dec 2022
Leer hoe om ‘n beter padgebruiker te wees.
Luidens Western Cape Government,
bestuurders wie se aandag agfetrek word, na raming 'n faktor in 25% tot50% van alle verkeersongelukke.
Om veilig te bestuur is nie net voordelig vir die bestuurder nie, maarook vir alle padgebruikers.
LEES OOK : Weird Wide Web: Reuse silwerballe maak amok in Londen se strate
Volg hierdie bestuursveiligheidswenke vir 'n veiliger reis:
- Moenie drink en bestuur nie. Lees meer oor die bloed/alkohollimiet virmotoriste.
- Gehoorsaam die spoedgrens.
- Moenie selfone gebruik wanneer jy bestuur nie. Dit is onwettig en uitersgevaarlik.
- Maak seker dat die voertuig in 'n padwaardige toestand is.
- Doen eenvoudige voertuigonderhoud en voorrit-inspeksies.
- Waak teen afleidings terwyl jy bestuur. Stel alle toestelle, spieëls enkontroles voor jy ry.
- Maak seker dat alle voertuig insittendes 'n veiligheidsgordel dra.
- Handhaaf 'n veilige volgafstand. Gehoorsaam die twee-sekonde reël.
- Laat jouself toe om kort pouses te neem wanneer jy lang afstande ry. Leesmeer oor bestuurdersmoegheid.
- Beplan jou reis vroegtydig.
Ononderbroke veiligheid:
- As 'n onklaarraking plaasvind, skakel gevaarligte aan en kry die voertuigop 'n veilige plek.
- As die voertuig onklaar raak op die pad, skakel gevaarligte aan, blyvasgegordel in die voertuig en wag vir professionele hulp.
- Moet nooit uit 'n voertuig klim om 'n herstelwerk op 'n besige pad tedoen nie. Kry die voertuig op 'n veilige plek voordat jy uitklim.
Veiligheid by gelykoorgange:
- Stop altyd by spooroorgange. Moet nooit kruis as die rooi ligte flikkernie, ongeag in watter posisie die balk is.
- Gehoorsaam die padtekens wanneer jy 'n spooroorgang nader. Maak seker datdie spore skoon is IN BEIDE RIGTINGS voordat jy oorsteek.
- Moet nooit oor 'n spooroorgang tou staan nie.
- Moet nooit 'n ander voertuig verbysteek wanneer jy 'n spooroorgang nadernie.
