Inspiration
Flip Flop Dag 2023: Doen jou deel vir kinders met kanker─── 09:10 Fri, 03 Feb 2023
Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens gesels met streeksbestuurder by CHOC, Sonet van Zyl oor die nuwe jaar sowel as die lesse van 2022. Sy deel ook statistiek van kinders met kanker en hoekom Flip Flop dag so 'n groot verskil maak.
Maak n verskil en staan vanjaar saam met CHOC (Childhood Cancer Foundation SA) se “Flippie” deur deur jou plakker vir R10 te koop sodat die dapper kinders en tieners nooit weer alleen sal staan in hul stryd met kinderkanker nie.

Op 15 Februarie is Internasionale Kinderkanker Dag en 17 Februarie is CHOC se Flip Flop dag, Sonet deel meer oor die projek en hoe die gemeenskap betrokke kan raak.
Skryf die datum in jou dagboek en trek jou plakkies aan op 17 Februarie 2023 tydens die jaarlikse Flip Flop-dag.
Met net R10 kan jy jou ondersteuning wys aan kinders en tieners wat kinderkanker het deur jou tone te wys!
Klik op die foto hieronder om by ons aan te sluit:

